Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Boeke
Binnewerkinge van SA sensuurmasjien bekyk
23/03/2009 07:56:19 AM - (SA)

Geskiedenis

THE LITERATURE POLICE – APARTHEID CENSOR­SHIP AND ITS CULTURAL CONSEQUENCES

Peter D. McDonald

Tydens al die jare waarin ons in Suid-Afrika gestriem is deur sensuur, is daar voortdurend oor dié kulturele plaag geskryf – meestal in artikels en briewe in die pers, soms ook gebundel, soos in JM Coetzee se Giving Offense. Maar so ’n uitvoerige ontleding soos Peter M. McDonald se The Literature ­Police het tot dusver ontbreek. In sy indringende ondersoek van sowel die geskiedenis van ­sensuur in die praktyk as die ­filosofiese en ideologiese grondslae daarvan, vul McDonald op briljante en dikwels verbluffende wyse daardie ont­stellende leemte onder die opgaaf Apartheid Censorship and its ­Cultural Consequences.

Verbluffend, omdat ons gereeld, danksy volgehoue protes en analise deur swart én wit, Afrikaans- én En­gelssprekende skrywers, in­ge­lig is oor die verrottende en ­ver­nie­tigende uitwerking van sensuur op ons kultuurlewe. Maar die binnewerkinge van die sensuurmasjinerie is nog altyd vir ons ­geheim gehou. Danksy McDonald se openbaring van die versweë ­argiewe van dié masjinerie is dit nou uiteindelik bloot­gelê – en dit laat die lesende publiek met ’n gevoel wat aan Luke Watson nie onbekend sal wees nie.

Steeds is nie álles vertel nie: van die optrede van klein, mislike ­man­netjies soos Humphrey du Randt van die Universiteit van Port Elizabeth, wie se pogings om eerstejaarstudente te indoktrineer met leuenagtige bewerings oor die “kommunistiese aanslag” in die werk van voorste skrywers soos Nadine Gordimer en Breyten Breytenbach, uiteindelik ontmasker deur sy kollega, George Weideman, wat geweier het om lieg-en-bedrieg te veel; tot die werk van sogenaamde “literêre des­kundiges” wat mee­gedoen het om ons kultuurlewe te knou.

Ander word wel eindelik ­ont­mas­ker. Selfs ’n gerespekteerde kul­­tuurmens soos Gerrit Dekker kom daar nie ongedeerd van af nie – al kon daar by hom nog effens om versagting gepleit word. Die volstrekte skaamteloosheid van ’n literator soos Merwe Scholtz wie se kam­ma-begaanheid oor die literatuur hier keer op keer deur sy eie woorde en dade kaalgat aan die ­breër publiek ontbloot word, laat mens verstom. Nes sy vrou, Rita: maar omdat sy ’n mindere figuur was, was haar skade ook minder. (Ten minste kan mens jou verkneuter aan McDonald se feitelike relaas oor hoe sy in ’n keurverslag oor Coetzee se Michael K so “endearingly con­fus­ed” was dat sy nie kon onderskei ­tus­sen fellatio en cunnilingus nie!)

McDonald bekyk die aanloop tot sensuur in die werk van Geoff Cron­jé en sy “paranoïese” komitee, totdat die nuwe bedeling in 1963 aan­gekondig is – van die ergste gered onder meer deur Van Wyk Louw se ingryping.

In die loop van die volgende tien jaar, dui McDonald aan, is meer as 10 000 titels verbied. Interessant is om te verneem dat niemand ­min­der nie as Bartho Smit stilletjies self die manuskrip van Breyten se Ysterkoei voorgelê het vir ’n bevinding! Een van die newe­produkte van sensuur was juis die uiterstes waartoe dit mense gedryf het. In my onlangse memoir het ek byvoorbeeld vertel (wat McDonald nie vermeld nie) dat ek nadat ­Kennis van die Aand vir beoordeling voorgelê is, deur die hoof­sensor Jannie Kruger aangeraai is om my eie boek aan te kla sodat ek betyds die uitslag kon verneem om Coenie Slabber in staat te stel om die bevinding in Rapport aan te kondig.)

Ook onthul hy dat Coetzee ­aan­soek gedoen het om sensor te word, nie oor enige ge­heime ­sen­suur­nei­gings nie, maar om die bestel se eerlikheid te toets. Natuurlik is sy aansoek van die hand gewys. Ná die afsonderlike sensors onder die loep geneem is, bespreek Mc­Donald die uitgewers wat in die proses betrek is (van David Philip en Ravan Press tot Human & Rousseau en Perskor). Dan word uit­voe­rig aandag gewy aan skrywers – die onverskrokke rol van Gordimer, Es’kia Mphahlele, Lewis Nkosi, Alex la Guma, Coetzee en ander, as­ook die posisie van Etienne Leroux, die boeiende geval van Wopko Jens­ma, die unieke posisie van Brey­ten (ongelukkig word die Skryt-sage nie volledig bekyk nie) en die skandelike lot van swart skrywers.

Die berugte Rushdie­botsing tussen Gordimer en Coet­zee kom onder die soeklig (met Coetzee se uiteindelike erkenning dat Gordimer korrek opgetree het, en hy nié), asook die rol van skrywersgroepe, van Pen SA tot die Skry­wersgilde.

Een gedeelte wat enigsins afgeskeep word, is die nadraai van sensuur se hoogbloei, byvoorbeeld die rol van die Hertzogprys, of Leroux se blootstelling in die VSA. Maar in sy geheel is The Literature Police ’n merkwaardige en eintlik aller­nood­saaklike bydrae tot ons land se onlangse intellektuele geskiedenis. Vir enigiemand wat ons kultuur vandag in perspektief wil plaas, is die boek onontbeerlik. Ook met die oog op die toekoms, waaroor – wie weet? – nuwe sensuurwolke weer besig is om saam te pak.

.Oxford University Press, Kaapstad. (Hardeband, 416 BLADSYE, ISBN 9 780 19928 334 7.)

.André P. Brink is ’n Kaapse skrywer.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |