Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Boeke
Dié aanslag op farmaseutiese bedryf darem te skril
16/02/2009 11:15:57 AM - (SA)

Niefiksie

THE TROUBLE WITH ­NEVIRAPINE

Anthony Brink

Merkwaardig is die on­ver­bid­de­lik­heid van Anthony Brink se betoog, hoe strydlustig hy sy saak stel en opponente retories afmaai geen konsensus of kompromis nie. Op sy beste is hy radikaal, uitdagend; op sy swakste rigied, fanaties. Hy oorweeg nie eens dat hy verkeerd kan wees nie; hierin lê die tref­krag én die beperkte oorredingsvermoë van sy narratief. Hy skryf uit intense morele ver­ont­waar­diging wat uitmond in ’n oorspanne, soms histrioniese retoriese styl tussen mee­do­ën­lo­se feite-opeenstapeling en honende sa­ti­re.

Hy takseer figure in die vigsdebat sonder aansien des persoons, dikwels met open­like min­ag­ting. Zackie ­­Ach­mat loop vanselfsprekend deur, maar ook half­­­heiliges soos Desmond Tutu, Edwin Cameron en Albie Sachs. As Brink sy retoriese en logiese grofgeskut op ’n ander onderwerp ge­rig het, was hy dalk ’n uit­ge­wers­fenomeen. Maar nou is die we­tenskaplike ortodoksie oor vigs sy teiken.

Dis bekend dat hy die ver­band tus­sen MIV en vigs bevraag­teken en een van die dissidente is wat ’n deurslaggewende (sommiges sou sê noodlottige) invloed op Thabo Mbeki gehad het. Hier bemoei hy hom egter spesifiek met nevirapien. Hy meen dis onaanvaarbaar toksies. Dat veral moeders en kinders in SA daaraan blootgestel word, skryf hy toe aan wetenskaplike bedrog, farmaseutiese firmas se kom­mersiële be­lange en on­ge­lyk­­he­de tussen die Weste en Afrika: ontwikkelende lan­de dien as la­boratoria vir eksperimentele in­tervensies, en stor­tings­ter­rein vir medisyne wat nie ’n mark in die Wes­te het nie. ’n Ongewilder stand­punt is nouliks denkbaar.

Mees­te lesers sal Brink waarskynlik sonder verdere pligpleging as kranksinnig, gevaarlik, selfs im­moreel, afmaak. Dit sal my nie verbaas as sommiges die “wys­heid” om dié resensie te plaas bevraagteken nie. Die mo­ra­li­sering van vigs is trouens sodanig dat ek deurentyd bewus daar­van was dat ek eintlik nie plesier aan so ’n boek mag hê nie . . .

Brink is waarskynlik verkeerd oor die virologiese aspekte en realiteite van vigs. Ek is nie ’n viroloog nie en kan nie voldoende hieroor oordeel nie, maar hy gaan darem te onkrities met dissidente- me­nings om en maak enigeen wat die ortodoksie on­derskryf as óf on­redbaar dom, óf deel van ’n toesmeerdery af­. Dié soort growwe teenstelling verwater die impak van sy beter argumente en dikwels ver­nuftige byeenbring van be­wyse, en het die on­geluk­kige gevolg dat Mbeki en sy adju­dante, soos Manto Tshabalala-Msimang, eensydig opgehemel word.

Dis moeilik om Brink nie op dié punt te verdink van politieke naïwiteit, selfs intellektuele oneerlikheid nie. Hoe kan mens Mbeki se aksies rondom vigs losmaak van breër sa­ke soos swak diens­le­we­ring en die ver­watering van demokratiese prosesse? Hoe kan mens die TAC net sien as ’n lakei van die far­ma­­seutiese bedryf, en nie hul rol in die opkoms van demokratiese sosiale bewegings erken nie?

Tog is Brink dikwels in die kol met sy hekeling van die soms on­ge­so­fistikeerde, sentimentele, mo­ra­listiese uitbeeldings van vigs deur die media, die far­maseutiese bedryf, politici en aktiviste. ’n Mens hoef nie ’n dissident te wees om te besef vigs is nie net ’n humanitêre krisis nie, maar ook ’n industrie met kommersiële belange en politieke bymotiewe. Brink het ’n aan­voeling vir die struktuur en gevolge van vigsdiskoerse en die politieke ekonomie van vigs. Hy sal meer simpatiek bejeën word as hy hom slegs daarop toespits.

Is hy reg dat nevirapien giftig is? Ek is nie seker nie. Hy bou ’n goeie saak, maar is verkeerd om te beweer daar is nie ook goeie redes om die teendeel te glo nie. Sy grootskeepse ver­wer­ping van vigs­mid­dels sal vir baie te ekstreem wees, maar is nogtans fassinerende, uitdagende leesstof. In ’n era waarin ons toenemend verbruikers is in ’n me­de­­din­gen­de mark van farmaseutiese middels, is ’n kritiese ingesteldheid nie misplaas nie.

Open books, Kaapstad. (sagteband, 284 bladsye, ISBN 9 780 62033 841 7.)

Desmond Painter doseer sosiale sielkunde aan die US.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |