Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Boeke
Brink se ‘memoir’ geen gewone outobiografie
16/02/2009 11:31:17 AM - (SA)

Outobiografie

’N VURK IN DIE PAD – ’N MEMOIR

André P. Brink

Nadat hy onlangs vir ons die Afrikaanse poësie in ’n blik saamgebring het, vat André P. Brink homself saam in ’n ander soort blik: ’n blik op homself onder die titel ’n Vurk in die Pad.

Die keuse van die ongewone vorm “’n memoir” (wat eerder Engels is) om dit te tipeer (in plaas van die gebruiklike “memoires”) wil reeds die leser waarsku: die gebruiklike omvattende outobiografiese herinneringe gaan tweede viool speel. Hier is daar dalk eerder ’n historiese verslag of ’n biografie geskryf vanuit persoonlike kennis.

So ’n poging tot relativering van die “ware” storie tot die vlak van net nog ’n relaas is natuurlik tipies van ’n postmodernistiese beskouing van ’n skrywer oor en rondom homself. Elke vurk in die pad, waarsku Brink die leser ook uitdruklik in sy “Inleiding”, beteken dat daar keuses is. Maar: “Niks word ooit regtig uitgeskakel nie . . . wat nié gekies word nie bly skemer agter dié wat wel gekies is.”

So iets word duidelik as ’n mens na die keuse van foto’s kyk wat Brink insluit, iets waarna die “gewone” leser waarskynlik die eerste blaai.

Daar is drie foto’s rondom Brink en Ingrid Jonker (en nog een van haar begrafnis), en sewe van Karina, André se vrou. Daar is geen foto’s van enige van André se ander vrouens nie, en op hierdie manier word hulle dus in die openbare oog uit sy geskiedenis weggevee. Soos straatname wat verdwyn.

Dit bly dus skemer, ’n newelrigheid waardeur betroubaarheid ondermyn word. Maar natuurlik is onbetroubaarheid, die waarheid by wyse van skrywe gelieg, skering en inslag van alle skrywers se mondering.

Soos hy oor Jonker sê:

“Alles waar. Alles dalk ook net te maklik.”

Juis in die lang hoofstuk oor Jonker verskyn daar ’n paragraaf wat die moeite werd is om aan te haal om hierdie werk van Brink reg te verstaan: “Hoe sou ek ooit weer werklikheid en fiksie uitmekaar kon hou? Hoe kon ek dit vermy om voortaan my lewe in ’n versameling stories te verander, of om verbeelde stories te omskep in situasies in my lewe? Dit kan wees . . . dat my enigste oplossing vir ’n baie lang tyd eintlik was om my lewe in ontelbare kompartemente te verdeel – elke vriend, elke kennis, elke vrou, afgesny van alle ander dinge agter die byna geslote deure van herinnering en verbeelding. Moontlik was dit die enigste manier waarop ek in beheer van my wêreld kon bly.”

Hiermee gewapen kan die leser met baie meer vrymoedigheid na die vurke in Brink se pad kyk. Die organisasie van die boek is byvoorbeeld nie streng chronologies nie, maar eerder in sulke kompartemente. En die grootte van die kompartement is nie noodwendig ’n aanduiding van die belangrikheid daarvan vir Brink en/of die leser nie.

’n Tweede belangrike oorweging vind ’n mens in die slothoofstuk, “Epiloog – ’n Brief aan Karina”.

Uit die brief word dit dan verder duidelik dat hierdie publikasie eintlik ’n Afrikaanse weergawe is van die skrywer se poging om aan Karina te probeer vertel en verduidelik wie hy nou eintlik is. Sodat sy kan weet hoe lyk die kompartemente in sy lewe en hoe hulle (dalk) in mekaar steek. Ons moet ons daarom ook in haar skoene verplaas.

Dit is dus geen ware outobiografie of eers ’n self-bekykte biografie nie. Dis ’n toeligting van Brink se lewe, soms te yl (die Afrikaanse letterkunde), soms te uitgesponne (die Paryse studenterewolusie, en Jonker). Min vrae word beantwoord, nuwe perspektiewe is skaars. Opnoem is daar baie; breë veralgemenings ook. Maar deurgaans met die privaatheid wat nog altyd so deel van hom was.

Daar is baie redes hoekom daar ’n omvattender en ander soort biografie oor ’n belangrike skrywer en openbare figuur soos Brink behoort te verskyn, maar ’n mens twyfel of daar in ons uitgewerswêreld kans gesien sal word om naas ’n Vurk in die Pad ’n tweede kluif uit te gee. En of Brink daarmee sal saamspeel. Voorlopig lyk dit dus of hierdie vurk die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die waarheid rondom hom gaan bly nie. Maar ook daarvoor is ons André P. Brink en die uitgewer dankbaar.

HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (HARDEBAND, 480 BLADSYE, ISBN 9 780 79814 996 9.)

FANIE OLIVIER is ’n skrywer en resensent van Durban.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |