Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Boeke
Epiese boek propvol musiekfeite geensins droog
27/04/2008 08:46:49 PM - (SA)

SEEKER’S GUIDE TO THE RHYTHM OF YESTERYEAR, deur Shiloh Noone. Selfpublikasie, 2004. (Sagteband, 514 bladsye, ISBN 0 620 32018 4.)

JOU eerste gedagte is: Wat ’n uiters merkwaardige en unieke boek! Die subtitel is: A Summarised History and Definitive Reference to the Music that Watered the 50s, 60s and 70s.

Sommige van die meer verhewe en gekultiveerde siele onder ons trek hul neuse op vir selfgepubliseerde boeke, omdat hulle dink die werk is nie goed genoeg om deur ’n kommersiële, korporatiewe uitgewery gepubliseer te word nie. Maar daar is nog skrywers vir wie dit oor integriteit gaan, mense wat weier om te kruip voor die genadelose rekenmeesters en voorskriftelike bemarkingsbestuurders van groot maatskappye.

Hier is dit gepas om Noone self aan die woord te stel uit sy inleiding: “The entire book is self-published, -edited, and predominantly driven by a passion and love for music. Mistakes regarding references and facts are surely there and the ­writer encourages correction, interaction, and fresh info that can be added prompt­ly due to the digital process of publish­ing. Also to note that the alphabetical page discography at the back of the book may be one page behind or ahead due to Software changes.” En dan gee die skrywer ook sy adres waarheen mense inligting kan stuur.

Die boek is die eerste keer in Februarie 2004 in Londen bekendgestel op ’n geselligheid wat deur onder andere lede van die Monty Python-span, Led Zeppelin en Manfred Mann bygewoon is. Dit was aanvanklik net in ’n handjievol Londense winkels beskikbaar, maar dié boek het ’n veldbrand begin: In 2006 het die akteur Nicholas Cage tien eksemplare gekoop. Befaamde musikante soos Rick Wakeman, Van Morrison en Sting het ook eksemplare bestel.

Noone bied ’n uiters gedetailleerde historiese oorsig van die drie dekades wat sy boek dek. Dit begin met die afdeling “Legends of Folk”, wat volgens Noone die “age of the song catcher” was. Daarna volg die uitgebreide hoofstukke “Birth of the Blues”, “Rock ’n Roll”, “Surf Beat”, “British Invasion”, “Psychedelia”, “Seventies Rock” en “Progressive Rock”.

Noone skryf vol passie en veral die eers­te drie afdelings is besonder boeiend. Sy perspektiewe op die historiese konteks is in die kol. Sy teks is allesbehalwe droog en hy oorweldig ’n mens met ontsaglik baie inligting – meer as wat jy kan verteer. As ’n mens dié boek van voor tot agter wil deurlees, kan dit maklik ’n jaar of meer duur. Trouens, jy kan dit skaars glo dat een mens so ’n ongelooflik omvangryke boek kon skryf.

Dis onmisbaar vir enigiemand wat meer as ’n terloopse belangstelling in die geskiedenis van pop- en rockmusiek het. Jy kan verstaan hoekom dit die afgelope vier jaar kultusstatus bereik het.

’n Mens kan die werk beskryf as ’n ensiklopediese geskiedenisboek. Dis ’n kom­binasie van historiese narratief en duisende feite. Noone skryf met ’n duidelike liefde en passie vir sy onderwerp, wat aansteeklik is. Hy skroom ook nie om presies te sê hoe hy sélf oor baie dinge voel nie, en daar is plekke waar ’n mens voel jy stem nie noodwendig met hom saam nie – wat góéd is, want dit laat jou ook voel of die boek ’n gesprek met jou voer.

Noone skryf oor honderde kunstenaars en verwys letterlik na meer as duisend liedjies. (Die indeks van liedjies se titels agterin die boek strek oor 22 bladsye, en die titels daarvan is baie klein gedruk!)

Dis nie die soort boek wat geredelik in elke boekwinkel bekombaar is nie. Mense wat belang stel en sukkel om dit op te spoor, word aangeraai om eers ’n Google-soektog oor Shiloh Noone te doen of om e-pos te stuur na Shiloh@telkom sa.net.

Hierdie resensie gaan oor die boek en nie oor die skrywer nie. ’n Mens moet byvoeg dat jy graag ’n diepte-onderhoud met Noone in soveel koerante en tydskrifte as moontlik sal wil sien – hy verdien dit. Hy is ’n kleurryke figuur met ’n geskiedenis wat getuig van avontuur en uiters ongewone ervarings.

“We need prophets, writers, poets, even messengers that will stand up against impossible odds to keep the true art in music alive,” skryf hy. En dis presies wat hy met hierdie epiese boek van hom regkry.

. Jana-Mariana Human is ’n vryskut-musiekpraktisyn.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |