Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Boeke
Knap waardering van Victor se werk deeglik leesbaar
20/04/2008 05:08:55 PM - (SA)

TAXI – 013 DIANE VICTOR, deur Elizabeth Rankin en Karen von Veh. David Krut Publishing, Johannesburg, 2008. (Sagteband, 100 bladsye met afsonderlike skoolgids, ISBN 9 780 95849 753 4.)


IN haar voortreflike inleidende essay wat die noue verband tussen die hoogs ­per­soonlike en die intense proses van drukkuns ’n metaforiese weerklank gee, verwys Elizabeth Rankin na Diane Victor se formidabele visuele geheue. Uit dié skerp herinnering van beelde uit ’n ­per­soonlike geskiedenis haal die kunstenaar dinge wat sy so aangrypend enigmaties in prente en tablo’s omskep.

Maar dis ook daardie kaleidoskoop van haar geheue wat kritici al uitgelok het om te kla dat haar prente, veral die vroeëres, soms met detail en visuele geraas oorlaai word. Te veel inligting, en ons kyk nie net mis nie, ons oë weier om raak te sien – wat jammer is, want Victor het ’n unieke posisie as boodskapper in ons gemeenskap.

As sy dan self erken dat sy alles en die kitchen sink inspan vir impak in haar prente – wat wissel van delikaat klein, ­uit­ste­kend gedrukte etse en snerpende ­sa­ti­riese illustrasies tot haarfyn ­be­rekende, flam­bojante groot houtskool- en “rook”-tekeninge – het dit alles te doen met daardie drif wat die twee skrywers so koelkop aan ons in hierdie Taxi ­verduidelik.

Kapenaars het onlangs vir die eerste keer omvangryk met Victor se kuns ­kennis gemaak op ’n tentoonstelling in die relatief nuwe Goodman-galery in Kaapstad.

Die gelyktydige verskyning van Taxi 031, die derde in ’n prysenswaardige reeks wat as ’n soort mini-monografie dien vir Suid-Afrikaanse kunstenaars in die middel van hul loopbaan, was ’n nuttige handboek om die Kaapse oorsig mee te benader. (Elke Taxi het ’n opvoedkundige bylae gemik op hoërskool-leerlinge, en op ’n besoek aan die tentoonstelling was dit opbeurend om so ’n jong groep verdiep in haar kuns aan te tref.)

Victor se kuns is nie maklik of selfs ­onmiddellik verteerbaar nie. Sy draai nie doekies om in haar stormlope op die ­in­stel­lings van staat, kerk, status en die ingeburgerde heilige koeie van ons ­ge­meenskap nie.

Sy is in die eerste ­instansie ’n kunstenaar gemotiveer deur etiek. En, soos Goya en Daumier van destyds, Grosz en Beckman van later en Haacke en Kiefer van meer onlangs, is haar ­illustrasies ’n frontale aanslag waarin niks gespaar word nie – ook nie die kyker se sensitiwiteite oor geslag, seks, ­wroeging en verminking nie. Besware teen die gotiese en makabere ­inslag van haar beelding het egter niks te make met haar tekenvernuf of die drukkuns wat sy so ingewikkeld en meesterlik beoefen nie. Rankin en Von Veh bied in deeglik leesbare taal ’n netjiese ­konteks om haar kuns te waardeer.

Klagtes oor die oordaad van beelde het by die Kaapse tentoonstelling vervaag in die aangesig van haar jongste vaardigheid om verruklike portrette met kersrook te teken. En twee groot houtskooltekeninge het die rebel in haar briljant gedemonstreer.

Dis jam­mer die nuwe Taxi het nie eerder een van die nuwer werke op die voorblad nie.
. Melvyn Minnaar is ’n kunsresensent.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |