Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
FOTO VIR FLAPTEKS-BALKIEFoto:
FOTO VIR FLAPTEKS-BALKIE   Foto:
Boeke
Flapteks: Komende veiling wys boeke kan vir vlees én gees voedsaam wees
20/04/2008 05:08:24 PM - (SA)

TERWYL stygende voedselpryse wêreldwyd kommer wek, kan die mens nie van brood alleen leef nie en word boeke ook nie goedkoper nie. Maar anders as met kos, kan boekwurms soms ’n boek waarvoor hulle eens hul beursie verhonger het, later teen ’n aansienlike wins van die hand sit.

Laasgenoemde sal opnuut geïllustreer word wanneer die afslaer Bonhams op 20 Mei in Oxford, Engeland, ’n aantal versamelstukke opveil. Luidens die persverklaring is die boeke afkomstig van ­Oxfam-winkels X deur die jare deur lede van die publiek geskenk X en gaan die opbrengs van die veiling ook aan Oxfam, ’n liefdadigheidsorganisasie.

Onder die ware te koop is ’n eerste druk van die eerste Sherlock Holmes-verhaal deur Arthur Conan Doyle, A Study in Scarlet, wat in 1887 verskyn het, met ’n houtgravure op die titelplaat en il­lus­trasies deur D.H. Friston en W.M.R. Quick. Die boek se waarde word tussen £7 000 en £9 000 (sowat R110 000 en R140 000) geskat.

’n Goedkoper eerste uitgawe van ’n Doyle-werk is The Memoirs of Sherlock Holmes, met ’n titelplaat en illustrasies deur Sidney Paget asook die inskripsie: “To Mr R. McKenzie. With best wishes 29th December, 1893.” Wat mnr. McKenzie hom nie sou kon indink nie, is dat dié geskenk op ’n dag £300 tot £400 (sowat R4 500 tot R6 000) werd sou wees.

’n Boek hoef egter nie deur die eeugrens, of selfs die dekadegrens, te bars om ’n goeie prys te behaal nie. Aanhangers van Harry Potter wat met ’n oortollige £300 tot £500 (sowat R4 500 tot R7 500) opgeskeep sit, kan hulle na Oxford haas om ’n eerste Bloomsbury-uitgawe van Harry Potter and the Chamber of Secrets deur JK Rowling aan te skaf. Dit het in 1998 verskyn en bevat ’n besonderse pren­teblad en -stofomslag.

Maar ouderdom help. Teen ’n prys van tussen £800 en £1 200 (ruweg R13 000 en R19 000) kan ’n eerste uitgawe van CS Lewis se The Voyage of the Dawn Treader, deel van die Narnia-reeks, bekom word. Dit bevat illustrasies en ’n kaart deur Pauline Baynes en het in 1952 verskyn. Lewis, wat al langer as 40 jaar oorlede is, sou waarskynlik in sy noppies gewees het, gesien die feit dat hy gedurende sy lewe sy totale inkomste uit sy boeke X waarvan almal vandag nog in druk is X vir liefdadigheid geskenk het.

Nog 20ste-eeuse boeke wat deur die jare in waarde toegeneem het, is ’n eerste uitgawe van Ernest Shackleton se werk South X The Story of Shackleton’s Last Expedition, 1914-1917 (1919) ter waarde van tussen £700 en £1 000 (sowat R11 000 en R16 000), en van DH Lawrence se X destyds gewaagde, maar vandag taamlik mak X Sons and Lovers (1913) ter waarde van £300 tot £500.

Dit laat mens wonder wat ’n eerste uitgawe van, sê maar, André P. Brink, Breyten Breytenbach of Karel Schoeman se boeke oor ’n paar dekades werd kan wees X veral as ’n welverdiende Nobelprys eers aan een van hulle toegeken is . . .

Die moraal van die verhaal? Moenie te haastig wees om jou boeke weg te gee nie; koop liewer nog een X met verloop van tyd kan dit dalk meer as net jou ontasbare gees voed. Maar as jy ’n boek móét weggee, skenk dit aan ’n plaaslike skool of Hospice-winkel, of help Donate-a-Book om leesstof aan minder bevoorregtes te verskaf (lees Paragrawe hiernaas) sodat dit in die jare wat kom ander kan verryk.

Woensdag is Wêreldboekedag, ’n goeie dag om in aardse óf hemelse skatte te belê.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |