Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Boeke
RESENSIE: Ballerinas glo byna ‘soos penis hanteer’
13/04/2008 11:36:49 PM - (SA)

A QUEER HISTORY OF THE BALLET, deur Peter Stoneley. Routledge, Londen, 2007. (Sagteband, 206 bladsye, ISBN 9 780 41597 280 2.)

HETEROSEKSUEEL of gay, geen leser van dié toeganklike boek sal daarna weer na ’n balletopvoering kan kyk sonder om die gay-element raak te sien nie. Om nie eens te praat van die verwysing na ’n ballerina op pointe met ’n uitgestrekte been en voet as falliese simbool nie, met uitsprake soos die volgende: “The male dancer enjoys handling the ballerina as he would enjoy handling his own penis.” Boonop wys die skrywer duidelik uit hoe ballet en die gay-leefstyl met mekaar verband hou.

Hoewel die skrywe deurspek is met meer as net die bekende pas de deux-balletterme, soos bras en lyre, grand défilé, port de bras en épaulement, is dit nie net vir balletomane, gewone balletliefhebbers en belangstellendes in die gay leefwyse en geskiedenis bedoel nie, maar vir alle boek-, teater-, musiek- en kunsliefhebbers.

Ondanks die woord “queer” in die titel, wat verwys na gays van albei geslagte, is die werk ’n studie van die gay man in ballet: nie net die gay balletdanser nie, maar ook die gay choreograaf, skrywer, komponis en bestuurder. Die boek het ’n akademiese gevoel, met uitstekende verklarende notas en uitgebreide naslaanbronne.

Die trefkrag is in die detail en parallellisering wat met elke ballet onder bespreking as ’n historiese gevallestudie aangewend word. Treffend ook is die skrywer se keuses van ballette, van die oorbekende Giselle en Swanemeer tot die minder bekende La Chatte (Die Kat), wat opspraak verwek het vir die “beauty of manhood”, verpersoonlik in Diaghilev se laaste ster, Serge Lifar, as die skraps geklede jong man wat op ’n kat verlief raak. Stoneley beskryf die ballette só dat die leser dit behoorlik kan sien. Hy plaas dit ook binne ’n persoonlike gay konteks van diegene wat daarby betrokke was.

Hoeveel ballet- óf teaterliefhebbers weet dat Genet ook ’n ballet geskryf het, naamlik ’adame Miror? Genet se lewe en novelles word bygetrek ter verduideliking van sy ballet se gay-begrip. As aanloop tot die bespreking van dié ballet oor matrose, verwys Stoneley nie net na die verfilmde novelle Querelle van Brest, waarin Genet se belangstelling in matrose ongetwyfeld sy gaywees beklemtoon nie, maar ook na Genet se ander bekende werk, Ons Dame van die Blomme. Dié titel is ’n direkte verwysing na sekerlik die beroemdste foto van Nijinsky, wat met sy uiters manlike figuur ’n baie vroulike houding inslaan in ’n versnipperde rose-balletkostuum vir sy rol in Die Gees van die Roos. Die weglating van die “M” in ’adame en die spieël in die titel word verder deeglik gay-simbolies verklaar.

Ander intiem-persoonlike gegewens verhoog die genot van dié werk. Tsjaikowski se onortodokse gay-leefstyl (met verliefdheid op ’n taxibestuurder, ’n stoom­bad­opsigter en sy manlike bediende, Sofronov) word aangehaal om sy veelgeliefde Swanemeer binne ’n gay­ geskiedenis te verduidelik. Weer is die fallus-simbool op die voorgrond: die swaan se lang nek. Dit is ook die swaan se uitsonderlike vorm wat aansluiting vind by ballet se obsessie met lyn en uitsonderlike liggaamshoudings. Maar bowenal is dit die swaan as ’n unieke buitestander-voël wat die gay se buitestanderskap in die gemeenskap illus­treer.

Swane pas ook in by die ander kenmerkende balletkarakters, die feetjies. Dis geen geheim dat daar veral in vroeër tye na gays as “fairies” verwys is nie. Hoeveel lesers weet egter dat een van die grootste feëverhaalskrywers, Hans Christian Andersen, die Koninklike Balletskool in Kopenhagen bygewoon en in verskeie ballette gedans het? Geen wonder dat so baie van sy stories in ballette omskep is, en dat hy homself beskou het as die “lelike eendjie” wat hom in sy verbeelding transformeer tot ’n swaan met ’n falliese nek nie.

Die boek verskaf ook onder meer boeiende inligting oor Margot Fonteyn as ’n gay ikoniese balletdanser, oor Diaghilev en sy Ballet Russes wat die gay-gevoel of -erkenning by ballet laat indans het, en oor die stigting van die New York City Ballet met die heteroseksuele Balanchine as choreograaf. Daar is nog heerlike skinderigheid, soos Tsjaikowski se pas de deux met Saint-Saëns (natuurlik óók ’n komponis van beroemde swaanmusiek), terwyl Nikolay Rubenstein hulle op die klavier begelei. Daar is net te veel interessanthede om op te noem, maar dis genoeg rede om die boek aan te skaf.
. Dr. Niel le Roux is uitvoerende hoof van die Suidoosterfees.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |