Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Niel, Andy Mac en Clinton van Flat Stanley.
Niel, Andy Mac en Clinton van Flat Stanley.
Kuns
Internasionale kontrak vir Flat Stanley uit Duitsland
17/11/2008 06:30:33 PM - (SA)

Macstanley is reg om ­Europa te laat rock. Flat Stanley het dit in elk geval al in Suid-Afrika reg­gekry.

Die naamsverandering kom saam met die sukses wat gevolg het nadat ’n Duitse toeris Flat Stanley op ’n akoestiese konsert in die Green Dolphin in Kaapstad gesien het. Slegs 18 maande hierna het die lede van Flat ­Stanley ’n kontrak met iMusic Records geteken. Dit sluit onder meer in ’n bemarkingsveldtog van minstens €1 miljoen vir die album se bekendstelling.

Flat Stanley se Sama-benoemde tweede album, Between 2wo worlds, sal volgende jaar in Duitsland, Oostenryk en Switser­­­land uitgereik word. Twee bonussnitte van die eerste album, Of Secrets and Wine, sal daarby ingesluit word.

Andy Mac, Niel en Clinton ­vertrek einde vandeesmaand na Frankfurt om te gaan kennis maak met agente en om ­promosiemateriaal vir televisie en radio saam te stel. Die res van die orkes sal vroeg volgende jaar ook oorsee gaan vir optredes.

Volgens Andy is die naams­verandering nodig vir die internasionale mark aangesien die naam Flat Stanley oorspronklik dié van ’n kinderboekkarakter is en hulle aangeraai is om enige moontlike kopiereg-probleme te vermy. “In Suid-Afrika sal ons nog ­onder die naam Flat Stanley ­optree. Suid-Afrika bly ook ons basis. Soos die album se titel sê, sal ons tussen twee wêrelde wees.”

Oor die manier waarop hulle “ontdek” is, is hy ­filosofies.

“Of daar 10 of 10 000 mense in die gehoor is, ’n mens moet altyd jou beste gee. Daar bestaan vir ons nie so iets dat ons nie optree as die gehoor klein is nie. Jy kan net jou naam skade aandoen as jy vir ’n kleiner gehoor minder gee.”

Hy vertel dat hul eerste optrede in ’n plek met die naam The ­Veggie Table in Kalkbaai was.

“Daar was seker so 15 gesinne, maar ons het alles vir hulle ­gegee. Dit was die begin.”

Hy is nog effens oorbluf oor die internasionale kontrak.

“Dis mos elke orkes se droom. Daar is geen manier waarop ek kan beskryf hoe ons voel nie.”

Die eerste musiekvideo en ­enkelspeler wat in die Duitse mark bekend gestel sal word, is “As I Am”. Dis plaaslik amper hul kenwysie. Dit was nie net ­­bo-aan die gewildheidsleer op nasionale radiostasies nie, maar word ook deur M-Net gebruik in ­promosieveldtogte op televisie.

Flat Stanley het in die relatief kort tyd wat hy bestaan al saam met onder meer Metallica, Fat Boy Slim, Seether en Foreigner opgetree.

“Daar lê harde werk en baie ­opwindende tye vir ons voor,” sê Andy. “Ons sluit 2008 op die bes moontlike manier af.”

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
520 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |