Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
James Alexander in Discreet.
James Alexander in Discreet.   
Kuns
Discreet - Twee resensies
17/11/2008 06:29:56 PM - (SA)

Rolprent

Discreet

James en Anel Alexander.

, , , , , 

JACQUES LIEBENBERG: Hier is ’n Suid-Afrikaanse fliek wat vir ’n verandering aan die ­verwagtinge voldoen. En die beste is: dis nie die een of ander walg­komedie of pretensieuse kwasi­politieke drama nie, maar ’n bona fide-“kunsprent” wat sy skoene gemaklik op dié kringloop kan ­volstaan.

Discreet is die fliekweergawe van die verhoogstuk Discreet Upmarket 24/7, waarin daar reguit vrae oor aktuele sake soos seks en godsdiens gevra word. Die ­akteurspaar James en Anel Alexander is weer die hoofspelers (en vervaardigers) – hy is Thomas, die ernstige Christen wat op die ­onwaarskynlikste plek na ­ant­woorde gaan soek: Monique, ’n eksklusiewe prostituut.

Thomas, die seun van ’n ­pastoor, en sy jare lange vriendin het uiteindelik die eerste keer seks gehad en dit het hom in ’n krisis ­gedompel. Hy bevraagteken nie net sy en sy meisie se optrede nie, maar hul verhouding in die geheel. Teenoor sy desperate soeke na antwoorde staan die saaklike Monique, wat foonseks kan hê ­terwyl sy ’n tydskrif deurblaai en sukkel om ’n kliënt se gesig te ­onthou.

Hul konfrontasie is ’n geskakeerde en veelvlakkige affêre, want albei hou aanvanklik maar hul kaarte naby die bors. Maar namate Thomas se sessie van 90 minute vorder, word hul skanse gestroop en uiteindelik staan daar net twee gewone, jong volwassenes – elkeen op sy eie ­manier behoeftig – teenoor ­mekaar. Dié ongemaklike dans met sy wisselende tempo en ­gemoedstemmings is Discreet se sterk punt. Dit verskaf ’n stewige grondslag waarop die Alexanders met oortuigende spel voortbou; hulle ken dié karakters immers teen dié tyd baie goed.

James Alexander en Jonathan Rous, regisseur, se draaiboek is aktueel genoeg om ’n mens se ­aandag enduit te hou, hoewel dit nie noodwendig afbreuk aan die trefkrag sou doen as daar na die einde toe afwisseling vir die ­gelaaide ­dialoog was nie. Daar is aanvanklik ’n paar komiese ­oomblikke wat die kyker van meet af aan betrek en ’n mens mis dit ­namate die fliek vorder.

Rous vul die draaiboek en spel aan met ’n treffende visuele aanslag. Die tonele is onderbelig en die kleure donker, maar Rous kombineer dit met interessante kameraskote om ’n intieme, ­anderwêreldse stemming te skep. Dit verhoog die gevoel van ­kloustrofobie; twee mense af­gesonder van die wêreld en hul hele wese net ingestel op die ­persoon aan die ander kant van die bed, ­tafel of stoel.

’n Mens kan seker kla oor die effe geykte uitbeelding van “die arme prostituut wat vir haar ridder op ’n wit perd wag”, maar dit pla nie ­genoeg om Discreet te pootjie nie. Rous en die Alexanders is slim ­genoeg om die einde oop vir ver­tolking te laat en skep ’n moderne sprokie sonder om afbreuk aan hul ernstige tema te doen.

Discreet is ’n uiters welkome – en broodnodige – Suid-Afrikaanse fliek.

’n ANDER BLIK - MARIANA MALAN

Hoe diskreet kan ’n mens dit stel?

Die rolprent Discreet se twee karakters laat jou koud, die gebeure raak nooit interessant nie. Dit is eenvoudig vervelig.

Die sowat 83 minute wat dit duur om deur te sit, is te lank. Gelukkig het dit jou nie R1 000 gekos soos vir die een hoof­karakter nie.

Dit is nog nie die blink ster aan die Suid-Afrikaanse rolprent­hemeltrans nie. Dis ten spyte daarvan dat twee besonder aantreklik en uitstekende akteurs die rolle van die prostituut en die gawe jong man vertolk.

Baie klem word gelê op die feit dat hy as Christen nie voor­huwelikse seks goedkeur nie. Hy het ’n paar probleme en hy meen ’n prostituut sal hom kan help. Hy wil net praat.

En hulle praat, praat, praat en daar word niks aan enigeen se saligheid gedoen nie.

Daar is nie spanning nie, daar is nie ’n vonk nie. Sy oortuig nie as smeulende sekskat nie en hy nie as 25-jarige nie.

Die gebeure het nie goed van die verhoog na die skerm ver­plaas nie. Dis koud in ’n wye, droewe omgewing wat nie kans op intimiteit bied nie.

’n Mens is nie teleurgesteld omdat hulle nie ’n enkele probleem oplos of omdat hulle nie hul klere laat waai nie, maar omdat albei ’n unieke kans op kommunikasie verbrou het.

mariana malan

Ouderdomsperk: 16TS. Tydsduur: 86 minute.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |