Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Kuns
Toneel: The Return
17/11/2008 06:29:19 PM - (SA)

Toneel

The Return

Kunstekaap-arena

, , , , , 

Hierdie skyf lewe is warm, polsend en snaaks, maar nie sonder ­gebreke nie. Dis deur Fatima Dike as projek in die Kunstekaap se nuwe skrywersprogram geskryf.

Dit speel af in die Somdaka­huishouding in Langa, die oudste swart woongebied in Kaapstad. Dit neem probleme waardeur die plaaslike swart gemeenskap ­gekonfronteer word onder die loep. Die Somdakas se seun Buntu kom huis toe ná ­18 jaar as politieke ­uitgewekene. Hy bring sy mooi Amerikaanse vrou, Isis, saam.

In die ouers se werkersklashuis word die jong, dinamiese profes­sionele mense met ­onvoltooide sake gekonfronteer.

Soos dit gaan in gesinne, is sekere dinge een­voudig te pynlik om oor te praat.

Daar is kwelvrae rondom Buntu se broer se dood as vryheidsvegter. Was hy ’n held of ’n bankrower? Waarom is sy oorskot in Gugulethu begrawe? Buntu sit tussen twee vure, met ’n toon in twee wêrelde. Hy is materieël suksesvol, met ’n gladde Amerikaanse aksent, maar droom elke nag dat sy gestorwe broer ’n boodskap vir hom het.

Die san­goma werp lig op die raaisel. Die Somdakas moet die bul by die horings pak en die verlede ­takel.

Die stuk herinner soms aan ’n ­sitkom of sepie. Kos word op die verhoog gekook, opgedis en geëet.

Die etenstafel is stasie, slagveld en hawe. Die aweregse humor is ­onweerstaanbaar. Die aanslag is lig, terwyl daar met komplekse kwessies omgegaan word. Die warmte, griewe en geheime tussen gesinslede spring oor kulture. Veral die korrelkop-verhouding tussen die ouer egpaar is kompleks en subtiel, op die oog af lig, met heelwat diepte.

Phakamisa Zwedala gee roerend lyf aan Buntu se identiteitskrisis en ­op­gekropte woede. Nomhle Nkonyeni as Mama kwyt haar uitstekend van ’n veeleisende rol, en Mzwakhe Mdidimba as Tata is onweerstaanbaar. Ongelukkig is alle karakters nie gelyk geskape nie. Die karakter van Isis, die liggelowige, goed­geaarde Amerikaanse vroutjie, is afgeskeep. Sy bly eendimensioneel en dis nie die fout van die aktrise, Roshina Ratnam, nie.

Mbulelo Samby se keuse van ­musiek ondersteun en dra die dramatiese gebeure. Ek dink die teks het sekere gebreke: die ontknoping oortuig nie heeltemal nie, is nie verrassend of skokkend genoeg nie, weeg nie swaar genoeg nie. Die komiese oomblikke slaag beter as die dramatiese momente. Nogtans is dit aanskoulike plaaslike teater wat vermaak en stem tot nadenke.

Deborah Steinmair

) Tot 29 November.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |