Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 9º / 23º | George 12º / 21º | Port Elizabeth 12º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die lede van Romanz is (van links) Louis Loock, Adam Barnard, Burgerd Botha en André Venter.
Die lede van Romanz is (van links) Louis Loock, Adam Barnard, Burgerd Botha en André Venter.
Vermaak
Musiek, romanse met styl
21/11/2008 07:19:53 AM - (SA)   

Daar’s ’n nuwe plaaslike groep op die horison en dié vier talentvolle kêrels maak vinnig naam. Ontmoet Louis Loock, André Venter, Burgerd Botha en Adam Barnard, die vier lede van die groep Romanz. JEANNE CALITZ het met die Kaapse lid, Louis, gesels oor wat ’n mens van hulle kan verwag.

VERTEL EERS ’N BIETJIE HOE HET JULLE BYMEKAAR GEKOM?

Dit was Select Music se inisiatief, hulle het besluit op die konsep en om ’n groep saam te stel en daarop het die oudisies gevolg. Dit was nogal ’n behoorlike keuringsproses – almal moes CD’s en CV’s instuur en is op- of afgevlieg vir die oudisies.

Ek het ook hierby ingeskakel; toe die finale oudisies aanbreek was daar nog sestien ouens, dít is toe afgerond na sewe en uiteindelik het ons vier oorgebly.

Wat is die plan met Romanz? Wat wil julle bied?

Wel, ons fokus val op musiek met styl – ons dra byvoorbeeld pakke. Maar ons is nié net nog ’n Il Divo nie, al sing ons baie romantiese liedjies.

Die verskil kom in by ons stemme, dink ek. Il Divo se ouens het almal klassieke stemme en almal sing die heeltyd saam. Ons vier se stemme verskil baie, ek het byvoorbeeld die meer klassieke stem, terwyl Burgerd ’n sterk pop-stem het. Adam het wat jy kan noem ’n liriese bariton en André het ’n baie diep stem, ’n basbariton.

Met ons is dit nie ’n geval waar een ou leiding neem en die ander bied bloot agtergrondstemme nie – jy het vier afsonderlike stemme wat gelyk saamwerk en ’n unieke, vars klank skep.

EN DIE AARD VAN JUL MUSIEK?Wat is jul aanslag?

Man, ek dink regtig Suid-Afrikaners het ’n behoefte aan Afrikaanse musiek wat nie noodwendig ’n politieke of patriotiese streep het nie. Ek dink hulle soek talent, goeie sang en lirieke op die verhoog, van só ’n gehalte dat dit op ’n internasionale vlak kan kompeteer. Maar uiteindelik hoop ons om met ons musiek mense aan te raak en te vervul.

Jul debuut-album, My hele hart, vlieg van die rakke af. Hoe voel jy oor dié produk?

Geweldig trots. Op ’n persoonlike vlak moet ek noem dat ek drama gestudeer het en dus baie krities kyk na kuns en veral sogenaamde kommersiële kuns. Mense sê baie maklik iets is net ’n geldmaakskema. Maar ek is supertrots om te sê ons CD is nie net ’n kommer­siële produk nie. Ek dink dis goed genoeg om net so op ’n internasionale verhoog geplaas te word.

Op die oomblik bly julle vier redelik wyd verspreid oor die land – hoe werk dit met optredes en repetisies?

Vir die vertoning wat ons op die oomblik doen, het die ander drie almal afgekom Kaap toe sodat ons kon repeteer.

Adam en Burgerd bly in Pretoria. Vroeg volgende jaar trek ek en ook André op Gauteng toe en dan sal dinge ’n bietjie meer vas raak, dink ek.

Wat is die reaksie van die publiek sover?

Asemrowend! Ons is natuurlik nog nie so bekend nie, ons is nog net ’n paar maande aan die gang, maar die album doen goed en die mense reageer regtig positief op wat ons doen.

Die optredes vir volgende jaar is ook besig om aan die gang te kom en ons het ’n paar groot uitvoerings wat voorlê na die einde van die jaar. Ons beplan ook ’n mini-toer in Desember.

Op die oomblik is dit nog nie ’n Maandag-tot-Saterdag-werk nie, maar die plan is om daarvan ’n heeltydse ding te maak. André, wat in Welkom woon, verhuis byvoorbeeld met sy hele gesin na Gauteng. Ons is almal baie toegewyd.

Julle is vier ouens van die uithoeke van die land met ’n redelike ouderdomsverskil tussen die oudste en die jongste. Hoe werk die groepdinamika? Sit julle soms vas of loop alles vlot?

Dis nogal snaaks, heelparty mense het al dié vraag gevra, asof hulle verwag dat ons baklei.

Maar die fondament van die groep is God en ons Christenskap. Ons het van die begin af vir mekaar gesê as daar dinge is wat pla, gaan ons daaroor gesels; ons is immers vier volwasse ouens.

Ja, ons is ook almal kunstenaars en soms kan dit moeilik wees, maar ons het ons voorgeneem om altyd alles uit te praat. Dit help dat almal goed weet wat hul funksie in die groep is.

En die ouderdomsverskille werk ook goed. Ons wissel van 21 tot 28 en ek dink dit is goed so. As ons almal maar 20 was, het ons dalk ’n bietjie blindelings in dié ding ingegaan, maar soos sake nou staan kan ons mekaar help en raad gee.

Vyf Naweek-Joernaal-lesers kan elk Romanz se debuutalbum, My Hele Hart, wen. Stuur ’n e-pos na web@dieburger.com om in aanmerking vir die prys te kom.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se winter- en lenteskole. Skryf nou in vir Die Burger se Vakansieskole.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
341 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |