Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Dit gaan nie net oor ‘n mooi lyf nie. Volgens Currin is deelnemers aan die wedstryd se avontuurlus tot op die uiterste beproef. Foto: Bongiwe Gumede
Dit gaan nie net oor ‘n mooi lyf nie. Volgens Currin is deelnemers aan die wedstryd se avontuurlus tot op die uiterste beproef. Foto: Bongiwe Gumede
Vermaak
McDromerig wil graag mense help
20/11/2008 12:38:55 PM - (SA)   

Hy is die wenner van die Men’s Health Look-kompetisie, maar Retha Grobbelaar het uitgevind Brendan Currin is baie meer as net ‘n mooi gesiggie.

Hy is dalk gemakliker in ’n kano as op ’n loopplank, maar dit het nie die 30-jarige Brendan Currin gekeer om vanjaar se Men’s Health Look-kompetisie te wen nie.

Dié aspirant-dokter van Emmarentia, Johannesburg, sê dit het steeds nie by hom ingesink nie.

“Ek kan omtrent niks onthou van die aand toe die wenner aangekondig is nie. Ek het dit glad nie verwag nie. Al nege deelnemers het ’n kans gehad om te wen. Ek het vandag na die video van die aand op die internet gekyk. Dis soos ’n droom.”

Volgens Currin wou hy nog altyd vir die kompetisie ingeskryf het.

“Ek het dit op TV en in die tydskrif gesien. Dis iets wat ek graag wou doen.”

As deel van die kompetisie het deelnemers op ’n avontuurnaweek in die Wes-Kaap gegaan.

Daar is hul senuwees behoorlik getoets.

Die manne moes onder meer abseil van Tafelberg, uit ’n helikopter in die see spring en van Leeukop af skermsweef.

Die sportmal Currin was in sy element.

Die geheim is balans

“Dis ’n baie spesiale kompetisie. Ons het meer in drie dae gedoen as wat baie mense in ’n leeftyd doen. Ek was skoon depressief toe ek terugkom in Johannesburg, want daar was niks om na uit te sien nie. Dis ’n kompetisie waarvoor elke man in Suid-Afrika moet inskryf.

“Ek het elke oomblik geniet, maar veral die aktiwiteite wat ons buite gedoen het.

“Ek hou van enige sport, maar die skerm-sweef was die beste. Jy ervaar tegelyk adrenalien en rustigheid. Ek wil graag leer hoe om dit beter te doen.”

Currin het onder meer R15 000, die geleentheid om op Men’s Health se voorblad te pryk en ’n bootreis gewen.

“Ek is self nog nie eens seker wat al die pryse is nie. My ouers het sommer al gesê hulle wil op die bootreis gaan!”

Volgens hom is ’n mooi lyf nie al wat tel in die kompetisie nie.

“Mense dink dit gaan net oor hoe jy lyk, maar dis beslis nie al wat belangrik is nie. Jy kan nie net ’n gym freak wees nie. Dit gaan oor balans. Natuurlik moet jy fiks en gesond wees, maar jy moet ook kan ontspan en ’n bier geniet.

“Die belangrikste is dat jy nie voorgee nie – jy moet dieselfde mens voor die kameras én (in jou omgang met) die ander deelnemers wees.”

’n Buitelug-mens

Hoewel persoonlikheid ’n groot rol in die kompetisie speel, is ’n gesonde voorkoms ’n vereiste.

En Currin straal dit uit.

“Ek was seker ses jaar gelede laas lid van ’n gym. Ek sal veel eerder op die Emmarentia-dam roei wanneer die son begin sak en die water blink as om in ’n gebou te oefen.

“Ek het in KwaZulu-Natal grootgeword en daar het ons nie PlayStation gespeel nie, maar met snorkels rotspoele verken.”

Currin het nie voor die kompetisie enige modelwerk gedoen nie en volgens hom is die loopplank intimiderend.

“Ek het nog nooit voor honderde mense model gespeel nie. Jy moet van voor af leer loop. Gelukkig het Dewald Nolte, een van die deelnemers wat ’n ervare model is, my gehelp.”

Volgens Currin beplan hy nie om heeltyds modelwerk te doen nie.

“As mense my nader, sal ek modelwerk doen. Ek wil egter my voete op die grond hou en nie dink ek is groter as wat ek is nie.

“Ek wil steeds ’n dokter word en gaan nie nou my rug op my studie keer nie.”

Currin is ’n vyfdejaar- mediese student aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en het ook ’n B.Sc.-graad aan die Universiteit van Kaapstad behaal.

“Die redes hoekom ek ’n dokter wil word, het al baie verander.

“Eers het ek dit begin studeer omdat ek nie heeldag in ’n kantoor wou sit nie. Ek geniet dit om mense te help.”

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |