Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Vermaak
Speletjie maak meer geld as selfs topflieks
09/05/2008 01:37:57 PM - (SA)

Die videospeletjie Grand Theft Auto (GTA) IV het in sy eerste week van verkope meer geld wêreldwyd laat inrol as enige rolprent of musiek-album in die geskiedenis.

Die “meesterlike” GTA IV se verkope van meer as $500 miljoen (R3,8 miljard) wêreldwyd – meer as ses miljoen kopieë – maak dit ook die gewildste speletjie tot nog toe.

Dit word ook beskou as een van die winsgewendste vermaaklikheidsuitreikings tot nog toe.

In Suid-Afrika verkoop dit ook soos soetkoek.

Mnr. James Oliver, bestuurder van verkope by Megarom, die maatskappy wat GTA IV vir die Xbox 360-stelsel versprei, het gister gesê hulle het al meer as 6 500 kopieë daarvan in Suid-Afrika verkoop.

Teen R729 per kopie kom dit neer op R4,7 miljoen se verkope van die Xbox 360-weergawe alleen. GTA IV is ook beskikbaar vir die PlayStation 3-stelsel teen min of meer dieselfde prys.

“Dit verkoop ongelooflik goed. Byna 90% van ons voorraad wat hierdie week in die land aankom, is reeds verkoop.

“Volgende week sal nóg voorraad in die land aankom – maar 50% daarvan is óók verkoop. Die aanvraag is fenomenaal,” het Oliver gesê.

Verkope van GTA IV het Hollywood se winsgewendste rolprentdebuut – Pirates of the Caribbean: At world’s end wat $406 miljoen (R3,1 miljard) in sy eerste ses dae geïn het, in die stof gelaat.

“GTA IV se eerste week van verkope verteenwoordig die grootste uitreiking in die geskiedenis van interaktiewe vermaak en ons glo dié verkope oorskry enige fliek- of musiek-vrystelling tot nog toe,” het mnr. Strauss Zelnick, voorsitter van Take-Two, gesê.

Take-Two se Rockstar Studio het dié speletjie geskep.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |