Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Douglas Silva in ’n toneel uit die rolprent City of Men.
Douglas Silva in ’n toneel uit die rolprent City of Men.   
Vermaak
Indringende blik op armoede
08/05/2008 07:25:05 PM - (SA)

ROLPRENT: City Of Men (, , , , ). Met Douglas Silva, Darlan Cunha, Jonathan Haagensen en ander. Regie: Paulo
Morelli. Ouderdomsperk: 16TG. Tydsduur: 110 minute.


EERS was daar die ontstellende maar aangrypende Brasiliaanse prent City Of God, wat in 2002 verskyn het. Toe kom die TV-reeks City Of Men, wat vier jaar lank op die TV-sender Globo uit­gesaai en glo deur 35 miljoen kykers ­gevolg is. En nou het ons dié prent met dieselfde naam as die reeks; dit is egter nie vir “beginnerkykers” nodig om kennis van die vorige rolprent of die reeks te hê nie, al is hier terugflitse na oomblikke wat vir TV-kykers bekend behoort te wees.

Na raming woon sowat 19% van Rio de Janeiro se bevolking in die om en by 600 favelas, gehuggies op die ­heuwels naby dié stad se spoggerige woonstelle en mooi strande. Dit is ’n teelaarde vir armoede, misdaad, dwelm­verslawing en bendegeweld.

Teen hierdie agtergrond leer ken ons die boesemvriende Acerola en Laranjinha, albei op die punt om 18 te word, albei op soek na die waarheid omtrent hul vaders. Vaderskap is ’n belangrike tema in die prent; Acerola is reeds ’n tiener­pa en moet alleen na die baba ­omsien wanneer die ma São Paulo toe vertrek. Laranjinha is op soek na sy pa wat hy nooit geken het nie, en dit kom aan die lig hy is ’n voormalige ­gevangene uit op parool. En rondom hulle veg die bendes, hoewel dit nie so sterk op die voorgrond is soos in City Of God nie, aangesien dié prent meer ­gemoeid is met die uitbeeld van ­vriendskapsbande – en nou gaan die twee jong mans se vriendskap voor ’n groot toets te staan kom.

Daar is ’n paar verdag-netjiese saamknopings van die verhaaldrade, soos die gemak waarmee Acerola sy vriend se pa opspoor. Laranjinha ontwikkel ook waarskynlik te vinnig ’n noue band met sy pa, sodat die intrige kan vloei.

Die regisseur, Paulo Morelli, was ­verantwoordelik vir sommige ­episodes van die TV-reeks en het ’n ­agtergrond in die advertensiewese: Dit sien ’n mens aan die soms té mooi beelde (lank laas het arm mense so ­aanskoulik gesweet, het hulle soveel wit tande gewys), die meesleurende musiek en klankeffekte.

Maar dit is mindere besware. Al is die ellendes van ’n bestaan in dié om­gewing op die agtergrond terwyl ’n mens soms voel dit behoort voorrang te geniet, bly dit daardie faktore wat die twee vriende se huidige omstandighede veroorsaak het. City Of Men het ’n hele paar tonele wat die kyker ruk; dit is ontstellend, maar moenie om daardie rede misgeloop word nie; dit voel na ’n “belangrike” prent. En dalk sal die einde nié so swaar en sonder hoop wees as wat ’n mens in ’n stadium vermoed nie . . .

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |