Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
’n Toneel uit The Cave of the Yellow Dog.
’n Toneel uit The Cave of the Yellow Dog.
Vermaak
Edele eenvoud tref in besonderse fliek
06/05/2008 09:19:39 PM - (SA)

ROLPRENT: The Cave of the Yellow Dog (Vyf sterre). Met die Batchuluun-familie. Regie: Byambasuren Davaa. Ouderdomsperk: Geen. Tydsduur: 93 minute.ELKE nou en dan kom ’n mens ’n rolprent teë wat jou aan ’n nuwe idee van leef bekend stel, en ­sodoende ook jou wêreldblik ­verander en verbreed.

The Cave of the Yellow Dog, deur die regisseur wat die bekroonde The Story of the Weeping Camel na die skerm gebring het, is só ’n fliek. Ná die kykslag kan ’n mens net stilweg dankie sê vir die voorreg van só ’n besonderse ervaring.

Dié dokumentêre prent handel oor die nomadiese Batchuluun-familie van ­Mongolië. Hul verhaal word ­grotendeels vertel vanuit die oogpunt van die ­gesin se oudste dogter, Nansal. Nansal is skaars uit haar kleuterskoene en het sopas begin skoolgaan.

Terug by die huis, ’n afgesonderde hut in die heuwelagtige Mongoolse platteland, val sy vinnig weer in by die gesin se roetine.

Daar is bokke wat gemelk moet word, kaas om te maak, mis wat versamel moet word om as vuurhout te dien, en so meer.

Op een só ’n uittog om mis te versamel, kom sy af op ’n jong hondjie wat in ’n grot wegkruip. Sy doop hom Zochor, wat beteken “kol”, en neem hom op die plek aan. Nansal se huismense, spesifiek haar pa, is egter nie so in­genome met die ­nuweling nie. Hy vrees dat Zochor saam met wolwe gebly het en dus net onheil vir die gesin – en hul vee  – kan bring.

Een van die prent se groot ­kwessies is dus of Nansal daarin sal slaag om vir Zochor te hou. ’n Ander, parallelle vraagstuk, lê by die gesin se toekoms en die voortbestaan van hul lewenswyse. Dat laasgenoemde bedreig word deur modernisering, is niks minder nie as ’n tragedie, en vind ’n treffende metafoor in die goedkoop plastiek maatlepel wat Pa vir Ma van die stad af bring – en wat nie eens een pappot oorleef nie.

Dit is moeilik om in woorde om te sit hoe die Batchuluun-familie se manier van leef my aangegryp het. Hulle leef van die land af, maar doen dit met ’n nederige en grootse respek. Daar is geen ­moderne luukshede in hul huis te bespeur nie – dít wat hulle nodig het, maak of verwerk hulle self.

Hul nederige behoeftes staan in aanskoulike kontras teenoor die ryk kleure van hul uitrustings en die hut se plesierige dekor.

Daar is ’n diepe hegtheid te bespeur in die gesin, en ’n liefdevolle gehoorsaamheid onder die drie kinders, wat my met verwondering vul. Moontlik kan vandag se jongspan baat by die les wat Nansal se ma haar sagkens leer: “Jy kan nie alles kry wat jy wil hê nie.”

Laat ek ook eendag my kinders met soveel teerheid en wysheid onderrig, dryf die hoop in my op. Laat my toe om hulle respek vir die Aarde te leer, en só van die lewe.

Die regisseur het dit gelukkig getref met sy vertelling. Binne dié kort tydperk tree daar volop drama na vore, asook amper magiese oomblikke. Een daarvan is ’n bekoorlike toneel waar Nansal verdwaal en deur ’n vriendelike ou vrou ingeneem word. Haar vertellings om Nansal te vermaak, en die liefderyke manier waarop die kamera in die kerslig oor die twee se gesigte sweef, skep ’n oomblik wonderlik en edel in sy eenvoud.

En dít is ook ’n goeie opsomming van dié onmisbare prent.
. The Cave of the Yellow Dog is in die Labia-teater in Oranjestraat, Kaapstad, te sien.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |