Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Vermaak
Kaapse Armchair-teater sluit sy deure
06/05/2008 09:39:10 PM - (SA)

DIE Kaapse teater The Independent Armchair Theatre in Observatory het ná sowat agt jaar sy deur gesluit.

Die huidige eienaar, Gilad Hockman, het in ’n persverklaring gesê finansiële oorwegings het die sluiting genoop.

Hockman het die teater in Maart 2005 ­oorgekoop toe dit ook groot skuld gehad het en sou sluit, maar dit het intussen een van die voorste lokale in die Kaap geword waar musiek uitgevoer is.

“Maar drie jaar later neem die skuld en stresvlakke gevaarlike afmetings, en duur bouwerk is nodig om die teater klankdig te maak ten einde aan die munisipale ­regulasie oor geraasbesoedeling te ­voldoen,” sê Hockman in die verklaring.

Hy het besluit om die teater te verkoop, maar “dit het nie volgens plan verloop nie”.

Sonder geld vir die nodige bouwerk en om die huur te betaal, het Hockman besluit om eerder die teater te sluit.

Hockman sê die vele musikante wat in die Armchair opgetree het, het van dié teater een van die bestes in die stad gemaak.

“Dit het altyd oor die musiek gegaan.”

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |