Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Elma PostmaFoto: VERSKAF
Elma Postma   Foto: VERSKAF
Vermaak
Mamma, ek wil ’n boerseun hê
04/05/2008 09:55:35 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Hulle ken van koeie melk, is bakgat met beeste, maar begeer hul eie bokkies.

Nou kry hubare, maar radelose Suid-Afrikaanse boere wat met vrouvang sukkel, uiteindelik die kans om op TV ’n bietjie liefde te soek vir daardie eensame winteraande.

Inskrywings open vandag vir kykNET se nuwe realiteitsreeks Boer soek ’n Vrou wat die TV-kanaal doen in samewerking met Landbouweekblad, jare lank reeds die stoere tydskrifbastion van die “Hoekie vir Eensames’’ en “By die Opsitkers’’.

Die Burger het by ’n betroubare bron verneem dat Elma Postma, bekend vir haar rol as Dezi in 7de Laan en deesdae aanbieder van Ontbytsake op kykNET, die aanbieder sal wees van die reeks, wat deur FreemantleMedia SA vervaardig word.

Die reeks van 13 episodes sal in spitskyktyd in Augustus uitgesaai word. Die vervaardigers beplan ook ’n opvolg-reünie-episode later waarin kykers sal uitvind wie ware liefde gevind het.

Boere van oor die land heen kan hulle nou laat inskryf vir die TV-reeks wat ’n internasionale wegholsukses is in lande soos België, Noorweë, Nederland, Oostenryk, Australië, Amerika en Brittanje.

In Boer soek ’n Vrou word ’n klomp boere voorgestel aan ’n paar vroue uit die stad. Die plaasboere kry dan die kans om die koring van die kaf te skei en ’n liefdesmaat te kies nadat vroue wat in die boer en sy lewenswyse belang stel, ’n paar speelse plaastakies moet verrig soos hoendereiers uithaal, terwyl hulle uitvind of hulle kan aard tussen bale hooi en dalk so ’n bietjie beesmis.

Die vervaardigers is op soek na tien ongetroude boere van oor die land heen om in te skryf, waarna hul profiel op TV uitgesaai sal word. Die land se vroue sal dan die kans kry om aan die plaasmanne te skryf, waarna hul plaasbesoeke of film vasgelê sal word. Vroulike boere wat man soek kan ook inskryf.

Inskrywingsvorms – in die nuwe Landbouweekblad wat van vandag te koop is – moet die tydskrif teen 31 Mei bereik en gepos word na Boer soek ’n Vrou, Landbouweekblad, Posbus 1802, Kaapstad 8000. Aansoekers kan egter ook registreer by www.kyknet.co.za of by www.Landbou.com of 021 421 3797 skakel.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |