Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Mimi Coertse
Mimi Coertse
Vermaak
Mimi eerste van SA wat dié kompetisie beoordeel
04/05/2008 09:31:16 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Die operadiva Mimi Coertse gaan die eerste Suid-Afrikaner word wat die gesogte Galina Vishnecskaya-sangkompetisie in Moskou beoordeel.

Coertse (75) is een van nege beoordelaars van oor die wêreld heen wat gevra is om dié internasionale kompetisie vir operasangers en -sangeresse van 21 tot 28 Mei in die Internasionale Operasentrum in Moskou te gaan beoordeel.

Coertse, wat self ’n roemryke internasionale loopbaan in die operawêreld agter die rug het en wat in veral Wene, Oostenryk, naam gemaak het, het gister gesê sy beskou die uitnodiging om as beoordelaar op te tree as een van die hoogtepunte in haar loopbaan.

“Ek het al in sangkompetisies in Spanje en Duitsland as beoordelaar opgetree, maar nog nie in só ’n ­belangrike kompetisie nie. Vishnecskaya was een van Rusland se belangrikste operasangeresse.

“Ons skop op 21 Mei af met die openingsaand, beoordeel daarna ’n week lank die deelnemers en op 28 Mei is die groot toekenningsaand.

“Vir my is dit boonop ’n geleentheid om Rusland te leer ken. Ek was al in Moskou, maar net vir een dag. Ná die kompetisie gaan ek een van my lewensdrome bewaarheid deur na Sint Petersburg te reis, waar ek ’n paar dae gaan deurbring. Daar is so baie wat ek daar wil gaan sien.”

Coertse keer in Junie na Suid-Afrika terug – betyds vir haar 76ste verjaardagviering op 12 Junie.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |