Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Werke van Afrika-kunstenaars soos Aimé Ntakiyica was op die seminale tentoonstelling Africa Remix   te sien danksy ruim borgskappe.
Werke van Afrika-kunstenaars soos Aimé Ntakiyica was op die seminale tentoonstelling Africa Remix te sien danksy ruim borgskappe.   
Vermaak
Benoemings bekend vir Basa-pryse
04/05/2008 08:32:27 PM - (SA)

BUSINESS & ART SOUTH AFRICA (Basa), in samewerking met Business Day, het onlangs die benoemings vir die 11de Basa-toekennings aangekondig.

Die oogmerk met dié toekennings is om erkenning te gee aan sake­ondernemings wat op ’n innoverende manier ’n bydrae ter ondersteuning van die kunste maak.

In die kategorie vir beste benutting van opdragwerk is drie in­stan­sies benoem: Absa vir vier ­to­neel­stuk­ke op die Aardklop-kunste­fees; Rand Merchant Bank vir The ­Think­ers en Sandton Central ­Management District vir die projek The Why Men.

In die kategorie vir nuweling-borge is benoem Coal Stove Produ­c­-t­ions vir Off the Shelf; Intel ­Cor­por­a-t­ion vir die Intel Centrino Road-show; Talk Radio 702 vir ­Africa Remix en Tsogo Sun vir The Lion King.

In die kategorie waarin bydraes tot groter toegang tot die kunste beloon word, is die benoemdes Cell C vir die Cell C-gospelfees; Distell vir Die Liefdeskind; Exclusive Books vir Homebru; Fairlands Trust Company vir die Clanwilliam-kunsontwikkelingsprojek en Standard Bank ­Lim­popo vir Double 07, ’n kuns­uit­stal­ling in Polokwane.

Borgskappe vir Suid-Afrikaanse kuns- en kultuurbevordering in die buiteland kry erkenning in die ­ka­te­go­rie vir internasionale steun.

Die benoemdes is Mercedes Benz SA vir die jaarlikse Mercedes Benz-kunste­toekenning; Rand Merchant Bank vir The Magic Flute en ­Telkom SA vir The Lion King.

Benoemdes in die kategorie vir vol­gehoue steun (drie jaar of ­langer) is MTN vir die MTN-kunsversameling; Nando’s SA vir kuns in Nan­do’s-restaurante; Pick ’n Pay vir die Zama-dansskool in Gugulethu; Spier (Afrika-sentrum) vir Spier Kontemporêr en Standard Bank vir die Standard Bank-versameling van Afrika-kuns by die Universiteit van die Witwatersrand.

Vir media-steun is benoem Die Burger vir die Suidoosterfees van 2007; Independent Newspapers vir The Mercury Durban-teater­toe­ken­nings; Kaap-Rapport vir die Kaap-Rapport-korekompetisie op die Suidoosterfees en Talk Radio 702 vir Africa Remix.

In die kategorie “enkel-projek” is die volgende ondernemings ­benoem: Bell Dewar & Hall vir sy steun aan die Artist Proof Studio; Rand ­Mer­chant Bank vir The Magic Flute en Sand­ton Central Management District vir die Sandton ­Central ­Illum­in­ation-projek The Why Men.

Benewens geldelike steun is daar ook ondernemings wat nie-finansieel betrokke was by die bevordering van die kunste.

De­neys Reitz het pro bono-werk vir verskeie kuns- en kultuurorganisasies ge­lewer; Fine Music Radio 101.3 vir die Camera Tinta Barocca­mu­siek­lief­dadigheidstrust; Primi World vir Primi Live en die Vukili Property Fund vir die Nasionale ­Eisteddfod-aka­demie se Di Konikono-fees.

Vir strategiese steun is benoem Cell C vir die Cell C-gospelfees; ­Ex­clus­ive Books vir Homebru en ­Intel Corporation vir die Intel ­Centrino Road-show.

In die kategorie vir steun aan die jeug is die benoemdes Black Like Me vir die Files Band Foundation; ­San­tam vir Santam-kinderkuns; Standard Bank vir die Standard Bank-skolefees van drama en die kunste; TBWA/Hunt/Lascaris vir Room 13 en Total SA vir die Sibikwa-gemeenskapsteater.

Die wenners in al hierdie kategorieë word op Maandag 26 Mei in ­Jo­han­nesburg aangekondig.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |