Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » Kaapstad 14º/18| Worcester 9º/22| George 10º/22| Port Elizabeth 11º/24 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die ouma (Carmen Maarman) sê vir haar kat (Bronwyn Reddy) om die lelike eendjie (Nikki Louw) weg te jaag.
Die ouma (Carmen Maarman) sê vir haar kat (Bronwyn Reddy) om die lelike eendjie (Nikki Louw) weg te jaag.   
Vermaak
Jong gehoor giggel vir kindersprokies
28/03/2008 09:10:50 AM - (SA)

TONEEL: The Ugly Duckling and Other Stories. Aangebied deur die Lilliput Players. Gegrond op drie verhale van Hans Christian Andersen. Regisseur: Elton John Duffy. Met Duffy, Bronwyn Reddy, Nikki Louw en Carmen Maarman. Vir kinders twee jaar tot elf jaar. In die Baxter-teater, Rondebosch. Tot 12 April.

DIE teatergangers was besonder ordelik en het gereageer op die plekke waar vrae aan hul gestel is. Soms, waar ­iemand opgewonde een van die aktrises herken, is op Engels uitgeroep: “Dis weer daai ou vrou!”

Hoewel hulle uit die klaskamer was, was hulle beslis nie uit die klas nie.

Nietemin het die ontvouende lesse van die Lilliput Players se produksie The Ugly Duckling and Other Stories hulle meegevoer.

Die akteurs se liedjies het die meeste gehoorlede meegevoer, dermate dat vyf in die voorste ry lustig vir die regisseur en akteur Elton John Duffy, Bronwyn Reddy, Nikki Louw en Carmen Maarman in die loop van die stuk in verskeie gewade, in die liedjiedele gedirigeer het.

In die aanbieding van sowat 40 minute – waarin die Andersen-verhale “Die Prinses en die Varkoppasser” kostelik vertel is, “Die Keiser se Nuwe Klere” talle laat giggel het, en “Die Lelike Eendjie” met ’n kameeverskyning van ’n “Amerikaanse rapper” vertel is – leer ken dié gehoor stories wat nie altyd ’n gelukkige einde het nie, en laasgenoemde verhaal waarin dit wel die geval is.

In die persverklaring oor die stuk word gesê die verhoogaanpassing is na aan die oorspronklike feëverhale. Tot groot vermaak van entoesiastiese maar grotendeels ononderskeidende gehoorlede is die lelike eendjie uit ’n penarie gehelp deur ’n rapper genaamd Snoop Ducky Duck (Duffy) met ’n pet met ’n besonder lang klap (wat herinner aan ’n snawel). Dié byvoeging sit nie tuis in die stuk nie.

Die prinsesse in die verhaal van die “Prinses en die Varkoppasser” oortuig met humor meer tekenend van Shrek as van die verhaal van hooghartigheid wat deur dade geken word.

In die vorige opvoering die oggend is die krag afgesny. Die kragopwekker is dus vir die tweede ronde aan die gang gesit, maar net een vloedlig was beskikbaar om lig te werp op die donkerblou verhoog. Daar was darem klank, maar die mikrofoontjie van een van die prinsesse het ’n bietjie probleme gegee.

Verskoning is aangeteken dat spesiale effekte soos ’n rookmasjien weens die krag tot daarnatoe is.

Toe moes die akteurs hulle verlaat op hul toneelspel. En sang.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |