Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » Kaapstad 14º/18| Worcester 9º/22| George 10º/22| Port Elizabeth 11º/24 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Lucas Niggli in aksie.
Lucas Niggli in aksie.
Vermaak
Lucas Niggli speel vuurwarm jazz
26/03/2008 09:17:00 PM - (SA)

DIS waarskynlik moeilik om foto’s van Lucas Niggli te neem. Dit lyk of hy beswaarlik kan stilsit om afgeneem te word.

Hyself erken dat hy “anargistiese omstandighede en spontane uitbartings” op die verhoog verwelkom.

Sy bewegings, energie en entoesiasme kan hierdie naweek eerstehands beleef word wanneer hy en sy trom-kwartet, Beat Bag Bohemia, op die Kaapstadse Internasionale Jazzfees optree.

Die kwartet het in 2006 tot stand gekom met ook die Suid-Afrikaner Kesivan Naidoo, Rolando Lamussene van Mosambiek en Peter Conradin Zumthor van Switserland.

Hul eerste album, Beat Bag Bohemia Lucas Niggli Drum Quartet, word vanaand bekend gestel as deel van die jazzfees en die Pro Helvitia in Kaapstad se tiende bestaansjaar.

Op die album se omslag word spottend opgemerk dat die groot aantal tromspelers in Switserland dit amper die Afrika van Europa maak.

Niggli skryf sy eie fassinasie met die trom toe aan die feit dat hy in Afrika (Kameroen) gebore is.

“Ek het my eerste asemtuig saam met die klank van tromme en in ritme met musiek geneem. In Europa het ek die twee wêrelde in musiek saamgetrek.”

Hy het ook twee ander orkeste, Zoom en Steamboat Switserland, waarvoor hy komponeer en dikwels saam met ander trommeesters speel. Hy het al reg oor die wêreld opgetree en voer ook gereeld werk van ander bekende komponiste soos Kagel, Polanski, Cage, Rzewski en Sam Hayden op. Kruisbestuiwing vind plaas in projekte saam met onder meer Sylvie Couvoisier, Trevor Watts, Ikue Mori, Arkadij Shilklopper en Wu Wei.

Hy het sowat vier jaar gelede op die Grahamstad-fees opgetree en ook in Durban ’n slypskool aangebied. Hy erken dat hy skrikkerig was om hier op “die vasteland van die trom” te kom klas gee. Hieruit het sy samewerking met plaaslike musikante gespruit wat nou nog baie suksesvol is.

Plaaslike gehore gaan nie die groot klank van Niggli en sy manne met hul drie tromstelle en djembe hoor nie. Dis weens logistieke redes nie moontlik nie. Hy belowe egter “ ’n mengeldrankie van ritme” met klanke wat hulle onder meer met kloppers, tromstokke en ander slaginstrumente maak.

“Ek komponeer musiek wat aan elke lid van die orkes die kans bied om sy eie stempel af te druk. Ek sorg ook vir ’n speelgrond vir soliste. Ek soek verskeidenheid, ’n mengelmoes van klank wat nie net ritmies is nie maar ook melodieus is.

“Ek is so bly Beat Bag Bohemia het tot stand gekom. Al speel ons net per geleentheid saam, is dit altyd spesiaal.”

Die musiek wat hulle maak, wissel van ingewikkelde ritmes tot ’n orkestrale klank. Op die album sal laasgenoemde veral duidelik gehoor word.

Niggli is dol op die Kaapstadse Jazz-fees en meen dit stimuleer die belangstelling in jazz.

“Dis ’n kookpot van musiek waar ons musikante vir ’n paar dae lank kan mal gaan. Vandat ek die optrede bevestig het, brand ek al om in Suid-Afrika te wees.”

Niggli was stigter en toe die president van die Switserse Professionele Vereniging vir Jazz. Tussen 1987 en 1995 was hy deel van die orkes Kieloor Entartet.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |