|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Jimmy Dludlu
Vermaak
Jazz-fees laat stad kóók
25/03/2008 09:31:29 PM - (SA)
KAAPSTAD. – ’n Feestyd soos min het pas vir Kaapse jazz-liefhebbers begin – en dit duur nog tot die naweek.
Die hoogtepunt is die Internasionale Jazz-fees Vrydag en Saterdag, maar Kapenaars gaan reeds ’n gratis voorsmakie kry van wat op hulle by dié fees wag.
’n Gratis jazz-konsert word vanaand op Groentemarkplein aangebied, het die Kaapse Vennootskap (KV) bekend gemaak.
Hier sal Kapenaars kan luister na van die voorste kunstenaars wat by die Internasionale Jazz-fees sal optree – en alles is gratis.
Volgens die KV word die gemeenskapsfees elke jaar deur sowat 2 000 jazz-liefhebbers bygewoon, maar vanjaar word meer verwag.
Die tydelike sluiting van sekere strate rondom Groentemarkplein help dat meer mense gerieflik op die plein byeen kan kom sonder dat motors en ander voertuie pla.
Op die gratis konsert – wat vanmiddag om 17:00 begin – kan mense soos Gerald Albright, Jimmy Dludlu, Ananda Project, Jonathan Rubain en die UCT Big Band gesien word.
Sekerheidspersoneel van die Sentrale Stadsverbeteringsgebied (SSVG) sal seker maak dat die konsertgangers en hul voertuie in die strate veilig is, volgens die KV.
Intussen het die gewilde Goemarati-inisiatief verlede Vrydag weer sy terugkeer na die middestad gemaak. Die Goemarati-konserte word deur die KV en die SSVG gereël in vennootskap met die Wes-Kaapse Musikante-vereniging (WCMA).
Dié vereniging is deur die provinsiale regering gestig om die regte en belange van Wes-Kaapse musikante te beskerm en te bevorder.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |