Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Een van Hanneke Benadé se kunswerke wat op die KKNK te sien is.
Een van Hanneke Benadé se kunswerke wat op die KKNK te sien is.
Vermaak
Karoo-skoonheid verewig
21/03/2008 08:42:48 PM - (SA)

OUDTSHOORN. – Met haar tentoonstellingKruispad op die plaas Boesmanskop sowat 50 km buite Oudtshoorn op pad na Calitzdorp du Hanneke Benadé die feesganger ­behoorlik in ’n ander rigting.

“Ek wou die gereelde besoeker aan die fees opnuut bewus maak van die milde skoonheid van die Klein-Karoo, iets wat ’n mens uit die oog verloor as jy so van een opvoering na die volgende jaag.”

Daarom verg die besoek aan Kruispad so ’n bietjie moeite van die kyker. Jy moet in jou motor klim en ’n entjie uit die feesgemaal ry, sodat die tipiese Karoolandskap jou omvou; dan moet jy ’n paar kilometer grondpad aandurf wat jou midde-in die stil rustigheid van Boesmanskop in die gebied Kruisrivier plaas. Hier wag sowat 60 kunswerke van Benadé, bekend om haar stemmingryke, begeesterde werke, op jou. Van dié werke het sy in die digte salon-styl gehang om so ’n treffende impak te verseker. Inspirasie vir van die diere-beelde het sy in die eenvoud van Albrecht Dürer gevind.

Twee volstruise troon vollengte bo die kyker uit. “Ek wou weer wys watter aanskoulike paradysvoëls hulle is, hoe beeldskoon hulle is, en dat hulle nie net daar is om verbruik te word vir kommersiële doeleindes nie.” Ook is daar skape verewig in ovaal rame kompleet soos familieportrette. “Die diere op die plaas het name; hulle word deel van die gesin.” Gedetailleerde portretstudies van plaaswerkers, asook vredige interieurs voltooi die versameling.

“Hier het dit nie vir my oor mense of karakters gegaan soos in my vorige werk nie; eerder my intieme waarneming van hulle as ’n buitestander. Die mense se gesigte is afgewend of versluier soos agter ’n veer. Die omgewing en die impak daarvan op die mens voorop.”

Benadé het self ’n paar maande gelede die stadsgewoel vir die platteland verruil. “Ek dink die verhuising na ’n klein dorpie het beslis ’n impak gehad op dié tentoonstelling en my werk in die algemeen.”

Sy wil nie die dorpie noem nie, aangesien sy verkies om anoniem daar te bly. “Netnou nader die Vrouelandbou-unie my vir allerhande takies!” skerts sy.
. Benadé is daagliks daar van 10:00 tot 18:00. Môre wag wyn, brood en kaas op besoekers. Benadé wil graag die eienaar van Boesmanskop, mnr. Tinie Bekker, bedank.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |