Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Dirk de Villiers Foto: TARRYN CARR
Dirk de Villiers    Foto: TARRYN CARR
Vermaak
’n Liefde en jaloesie vir die filmkuns
19/03/2008 08:10:52 PM - (SA)

“AS ’n bobbejaan nie van jou hou nie, kan jy maar vergeet om met hom te werk. Bobby die bobbejaan in Kalahari Harry het van my ­gehou. Ons het voor mekaar gesit. Hy het my skoenveters losgemaak, eers my skoene uitgetrek, toe my kouse en toe het hy my broekspype opgerol. Ons het toe goed reg­gekom.”

Die stories agter die storie is ­dikwels interessanter as dié in ­rolprente. Dit kom ’n mens gou ­agter as jy met die rolprentmaker Dirk de Villiers gesels. Dit blyk gou dat ­rolprentmaak ’n wavrag geduld en nog meer humor vra. Insig in mens en dier en goeie outydse regiewerk is ook deel van die pakket.

De Villiers het in sy loopbaan van sowat ses dekades 28 rolprente, 25 ­televisiedramas en verskeie ­doku­mentêre gemaak. Van hulle verteenwoordig hoogtepunte in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf.

Van hulle gaan op die KKNK ­vertoon word, en hy gaan ook op die fees vereer word.

“Hoe dink jy gaan hulle my ­vereer?” is sy eerste vraag aan die uwe. “Met ’n cloak, ’n dagger en ’n hoed? Ek dink nie eintlik daaraan nie. Ek dink die lekkerste gaan wees om met mense oor die ­rolprente te gesels.”

Hy rits vinnig ’n klomp inligting oor die rolprente op die fees af.

Die dokkie Kango was die moeilikste werk wat hy ooit gedoen het. Hy en die filmspan moes dae lank in die donker werk nadat hulle met al die toerusting deur ’n leeggepompte wateraar moes kruip. Die prente My Broer se Bril en Arende is twee wat hom na aan die hart lê. Die eerste was oorspronklik vir die ­verhoog geskryf. Hy het hierin heelwat van sy eie familie ingewerk. Die tweede is gemaak ná ondervindings en ­vertellings van sy eie oupa.

“Na my beskeie mening is Arende die beste reeks wat ooit op televisie vertoon is. Ek was so jaloers en ­besitlik oor die reeks dat dit meer as twee jaar geneem het om die ­rolprent te maak. Ek was sentimenteel oor tonele wat uitgesny moes word. Tot vandag toe raak ek skoon bewoë as ek na Arende kyk. Ek is baie emosioneel oor hierdie ­projek.”

Die Geheim van Nantes was ’n radio­reeks wat hy na die silwerdoek moes verplaas.

“Dit het al die elemente van ’n ­lekker rolprent. Dit speel op ’n ­wynplaas af met liefde, inhaligheid en al die dinge wat vir mense ­interessant is.

“Alles wat ek doen, moet ’n klein lessie iewers in hê. Dit moenie ­oorweldig nie, maar dit moet daar wees, dit moet vir mense iets sê. Ek maak nie ’n ding om ’n prys te wen nie, maar dis lekker as ’n mens ­vereer word.”

Hy dink ’n wyle voordat hy oor die verering op die KKNK praat.

“Hierdie een is vir my half ’n sad story. Ek voel so half my laaste trip na my laaste erkenning.”

Hy vertel van die hartaanval van ’n week of wat gelede, van die keer twee jaar gelede toe hy drie weke lank in ’n koma was ná ’n operasie.

“My lêplek is deesdae lekker ­tussen my medisynebotteltjies, my TV en die waaier in my dak.”

Maar hy vertoef nie te lank by hierdie onderwerp nie. Hy praat ­eerder oor sy volgende projek – die dramatiese gebeure rondom die ­eerste hartoorplanting met Chris Barnard as die sentrale figuur.

Ook hier is die storie agter die ­storie baie interessant. De Villiers probeer al 40 jaar om hierdie ­rolprent te maak. Verskillende draaiboeke is al geskryf en ont­wikkel. Verskeie probleme het die een ná die ander poging gekelder.

“Die draaiboek is nou geskryf met al die jaloesie, die spioen in die hartspan, die gewese eerste ­minister John Vorster se dreigemente teenoor Barnard. Alles is daarin. Die ­titel is Red Inside, Chris se eie ­beskrywing oor hoe die mense met wie hy werk lyk – almal is rooi van binne.”

De Villiers het Kevin Costner in die oog vir die rol, maar die naam Pierce Brosnan is ook genoem.

Gevra hoeveel akteurs wat ­vandag sterre is by hom begin het, antwoord hy: “Skrikwekkend baie.”

Hy glo akteurs het ’n spesifieke taak. Hulle moet “in die kyker se siel inkruip”.

“Ek is ’n outydse soort regisseur. Ek staan langs die kamera, kyk die speler in die oog. Ek moet sien dat hy sy woorde glo, nie net ken nie.”

Sy passie vir sy werk en die lewe is op 83 nog duidelik.

“Ek het ’n lewe van stabiliteit prysgegee om rolprente te maak. Ek het myself uitgeleef. Deur my werk kon ek sê wat ek wou. As jy nie kan doen waarvan jy hou nie, kan jy net so wel dood wees.”

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |