Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  VERMAAK  

  BOEKE  

  ABSA KKNK  

  NETNAWEEK  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Anthony MinghellaFoto: AP
Anthony Minghella   Foto: AP
Vermaak
Minghella onthou vir bydrae tot filmbedryf
19/03/2008 08:18:07 PM - (SA)

’N ROMANTIKUS, ’n briljante skrywer, ’n musikant, ’n akademikus, ’n digter – die woorde van diegene wat die ontslape Britse regisseur ­Anthony Minghella geken het.

Minghella is Dinsdagaand op 54-jarige ouderdom in ’n Londense ­hospitaal dood weens komplikasie ná ’n operasie vir kanker van die ­mangels en nek, het sy agent, Leslee Dart, gesê.

Hy het erge bloeding opgedoen en sy lewe kon nie gered word nie.

Die bekroonde rolprentmaker was die seun van Italiaanse ­ouers (sy pa was ’n roomysmaker), Carolyn Choa se man, en pa van twee volwasse kinders, Max en Hannah. Hy het op die Isle of Wight groot­geword en drama aan die Hull-universiteit in Noordoos-Engeland gestudeer.

Uiteindelik het Minghella ’n meester-filmmaker geword wat die aansien van akteurs én regisseurs geniet het. Sy loopbaan in kinematografie het hy as ’n draaiboekredakteur vir ’n TV-sepie in die 1980’s begin.

Hy het homself in die televisie­bedryf opgewerk, en later selfs begin skryf en só in 1984 die London Theatre Critics-toekenning vir ’n belowende skrywer gewen vir A little like ­drowning. Ander toekennings het gevolg, en in 1991 het hy sy deurbraak gemaak met Truly, Madly Deeply, ’n rolprent wat hy vir die BBC geskryf en geregisseer het. Dit is op die kringloop gewys en het ’n Bafta-toekenning vir beste draaiboek gewen.

In 2003 is Minghella aangestel as hoof van die Britse Film-instituut, die liggaam wat rolprente meer toeganklik vir die publiek maak. Twee jaar ­later het hy sy eerste opera op die planke in Londen gebring.

Ten tyde van sy siekte was hy besig om te werk aan die verfilming van ’n verwerking van Alexander McCall Smith se roman The No. 1 Ladies’ ­Detective Agency. Dit sou Sondag op die BBC gewys het.

Gordon Brown, die Britse eerste minister, wat ’n vriend ­Mighella was, het gesê hy is “baie hartseer”.

“Minghella was een van Brittanje se grootste kreatiewe ­talente. Ons sal hom baie mis.”

In sy reaksie het die vervaardiger David Puttnam aan die BBC gesê: “Hy was ’n wonderlike man – gaaf, ’n briljante skrywer, ’n uitstekende regisseur.”.

Minghella se vriend en kollega Sydney ­Pollack het hom beskryf as ’n realistiese romantikus. “Hy was ’n digter, gedissiplineer deur die werklikheid, ’n aka­demi­kus van opleiding, ’n musikant van nature, ’n kompulsiewe leser van gewoonte, en vir die meeste ’n opgeruimde, sagte siel.” The English Patient – die romantiese oorlogdrama met Ralph ­Fiennes, Kristin Scott Thomas en ­Juliette ­Binoche – het in 1997 aan Minghella ’n Oscar besorg vir beste regisseur, asook ’n benoeming vir beste aangepaste draaiboek. Die ­rolprent het nege Oscars verower, waaronder vir die beste rolprent en beste byspeler vir Binoche.

Drie jaar later het hy ’n tweede ­Oscar-benoeming gekry vir sy aan­gepaste draaiboek van die riller The Talented Mr Ripley, waarvan hy ook die regisseur was. Hy het ook die 2003-drama Cold Mountain geskryf en geregisseer.

The English Patient, gegrond op die skrywer Michael Ondaatje se roman, was ’n onverwagte wêreldsukses. In ’n onderhoud destyds met Reuters het Minghella gesê hy het gesukkel om geld te kry om dié fliek te maak.

“Dit het glad nie belowend gelyk nie: ’n Europese rolprent oor ’n man wie se oorlogherinneringe by hom spook; goeie akteurs, maar geen sterre; en ’n regisseur met min ondervinding. Dit was verstaanbaar dat mense (in Holly­wood) nie daarin ­geglo het nie. Maar hulle was almal verkeerd.” – Reuters

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |