Woedende Redknapp sien rooi oor Balotelli in nederlaag teen City

2012-01-22 23:41

MANCHESTER. – ’n Woedende Harry Redknapp, sokkerafrigter van Tottenham Hotspur, het gister hier rooi gesien en meen Mario Balotelli van Manchester City moes ’n rooikaart in Spurs se nederlaag van 2-3 gekry het.

Die omstrede Balotelli was in ’n voorval met Spurs se Scott Parker betrokke en het uiteindelik City se wendoel in die laaste sekondes van die wedstryd in die Engelse Premierliga aangeteken.

Balotelli het vroeër ’n geelkaart ontvang vir ’n oortreding op Benoit Assou-Ekotto, waarna hy in die 84ste minuut met Parker kontak gemaak het.

Die Italianer het twee keer met Parker kontak gemaak. Die tweede keer was teen Parker se kop nadat hy glo sy balans verloor en geval het.

Beamptes het Balotelli die voordeel van die twyfel gegee en sy pleidooi dat dit ’n ongeluk was aanvaar.

In die 94ste minuut het die doelskieter die City-sege met ’n strafdoel beklink.

Redknapp was nie beïndruk nie.

“Ja, ek dink so,” het hy gesê toe hy gevra is of Balotelli afgestuur moes gewees het.

“Dis nie die eerste keer wat hy so iets gedoen het nie, is dit? Ek is seker dit sal nie die laaste keer wees nie.

“Ek is die laaste een wat kan praat oor spelers wat afgestuur moet word, maar dis blatant as hy so reageer.

“Scott het ’n lieflike sny op sy kop. Ek is nie seker of hy steke gekry het nie, maar dis maar hoe dit gaan.

“Ek is verbaas die lynregter het dit nie gesien nie. Die eerste stamp kon ’n ongeluk gewees het, maar die tweede een?

“Hy het hom met die agterkant van sy voet teen die kop getref.”

) In gister se ander kragmeting het Manchester United Arsenal met 2-1 in die Emirates-stadion geklop om binne trefafstand van City op die puntelys te bly.

Antonio Valencia het een van United se doele aangeteken en die ander help maak.

City is op 54 ligapunte bo-aan die puntelys, terwyl United (51) slegs drie punte agter is. Spurs is derde op 46, Chelsea vierde op 41 en Arsenal vyfde op 36. – Sapa-AP

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Sokker-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.