Tien nuwes in Bafana-groep ná chaos
2012-01-05 21:36
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
BLOEMFONTEIN. – Die “georganiseerde chaos” duur voort ...
In die soveelste wysiging in ’n onstuimige week besaai met woelinge, is die gelapte Suid-Afrikaanse sokkerspan se vriendskaplike wedstryd teen Ekwatoriaal-Guinee vandag in Bata met ’n paar uur vervroeg.
Talle hoogwaardigheidsbekleërs van aangrensende lande is na die inwyding van die nuwe Nkoantoma-stadion genooi.
Die stryd is vervroeg om aan dié belangrike besoekers genoeg tyd te gee om ná die wedstryd nog na hul lande terug te keer, lui ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging.
Die wedstryd is van 20:30 tot 18:00 (SA tyd) vervroeg.
Suid-Afrika se groep bestaan uit 10 nuwelinge nadat klubs SA spelers onttrek het, ander nie vrygestel is nie en paspoortprobleme.
Die stryd is met ’n dag uitgestel en daar was konsternasie oor hotelverblyf.
- Die Burger