Proteas laat paaltjies spat
2011-11-09 13:56
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Die Proteas het vandag vroeg op die eerste dag van die eerste toets teen Australië op Sahara Park, Nuweland, toegeslaan.
Dale Steyn het Shane Watson vir 3 lopies na die kleedkamer gestuur en die debutant Vernon Philander het van Philip Hughes (9 lopies) ontslae geraak.
Suid-Afrika het vroeër die loot gewen en Australië ingestuur om eerste te kolf.
Jacques Rudolph maak vandag sy terugkeer tot toetskrieket na 'n afwesigheid van vyf jaar en sal saam met Graeme Smith die Proteas se aanvangskolwers wees.
Australië het teen middagete op 93/2 na 15 beurte gestaan.
Reën het die begin van spel op die eerste dag met sowat twee ure vertraag.
Sport24