Man United neem wraak

2012-01-08 20:57

MANCHESTER.– Manchester City se FA Cup- drome lê aan skerwe, nadat sy aartsvyand, Manchester United, hom gister in die derde ronde van dié reeks op dramatiese wyse uitgeskakel het.

United het die wedstryd met 3-2 beklink en daarmee saam sy wendroogte gebreek.

Sir Alex Ferguson se Red Devils het hulle in twee agtereenvolgende kragmetings teen Blackburn Rovers en Newcastle vasgeloop, maar het gister gewys hoekom hulle meer as ’n dekade laas drie wedstryde in ’n ry verloor het.

United het die eerste helfte oorheers en reeds teen rustyd met 3-0 voorgeloop. Die doelskieter Wayne Rooney het uitgeblink en twee van dié doele aangeteken.

City moes die grootste deel van dié wedstryd met net 10 spelers klaarkom, nadat sy kaptein, Vincent Kompany, ná net 12 minute vir gevaarlike spel van die veld gestuur is.

Tog het hulle verbete teruggeveg en Aleksandar Kolarov en Sergio Aguero het albei in die tweede helfte ’n doel vir City aangeteken.

Dié twee spanne het in Oktober laas koppe gestamp toe City Manchester in ’n Premierligawedstryd met 6-1 op Old Trafford vermorsel het. Gister het United laaste gelag

Die 37-jarige Paul Scholes, wat in Mei verlede jaar uitgetree het, het gister weer sý “buiging” vir United gemaak.

) In die naweek se ander wedstryde het Tottenham Hotspur ’n oorwinning van 3-0 oor Cheltenham behaal. Tottenham se aanvallende trio, Jermain Defoe, Roman Pavlyuchenko en Giovani dos Santos, het doele aangeteken.

Wigan Athletic en Blackburn Rovers, wat die onderste twee plekke op die Premierliga-puntelys beklee, kon nie hul mistroostige peil dié seisoen afskud nie.

Swindon het Wigan met 2-1 geklop, terwyl Newcastle daarin geslaag het om Blackburn met 2-1 uit te skakel.

Die Amerikaanse middelveldspeler, Clint Dempsey, het ’n driekuns in Fulham se tuisoorwinning van 4-0 oor Charlton behaal.

Die Ierse doelskieter Simon Cox het dieselfde in West Brom wich Albion se sege van 4-2 oor Cardiff City vermag, terwyl Aston Villa, Stoke, Norwich, Blackpool en Liverpool almal oortuigende seges behaal het. –Sapa-AP; AFP

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Sokker-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.