Liverpool én Arsenal dring deur

2012-01-30 04:14

JOHANNESBURG. – Liverpool moes 16 jaar lank wag om weer op Wembley te speel, maar ná sy sege in die vierde ronde van die FA Cup oor Manchester United is dié span nou stewig op koers om twee keer in dieselfde seisoen besoek af te lê by Engeland se beroemdste sokkerstadion.

Die Reds het hul aartsvyand eergister op Anfield op dramatiese wyse met 2-1 verslaan om deur te dring tot die volgende ronde van een van die oudste sokkerreekse op aarde.

Dít nadat hy skaars drie dae vroeër deurgedring het tot die eindstryd van die Ligabeker-reeks deur ’n gelykop-uitslag in die tweede wedstryd van die halfeindronde teen Manchester City af te dwing.

Die titelstryd van albei dié reekse vind plaas op dié Londense spogveld.

Arsenal het gister ook op dramatiese wyse tot die vyfde ronde deurgedring deur Aston Villa met 3-2 te klop.

Villa was teen rustyd met 2-0 voor, maar drie doele binne sewe minute tussen die 54ste en 61ste minuut het die tuisspan ’n sege besorg.

Twee van dié doele was strafdoele wat Robin van Persie aangeteken is.

Liverpool het Saterdag vroeg die voortou geneem toe ’n kopskoot deur die verdediger Daniel Agger David de Gea in die United-doelhok geklop het.

Die besoekers se Park Ji-Sung het die telling sowat ses minute voor die rustyd gelykop gemaak, voordat die Liverpool-plaasvervanger Dirk Kuyt die wedstryd teen die verloop van spel in die doodsnikke beklink het.

Terwyl Kenny Dalglish, die Liverpool-afrigter, sy spelers ná die wedstryd geloof het, het Alex Ferguson sý span se nederlaag beskryf as “iets om van siek te word”.

United, wat dié beker reeds 11 keer in sy roemryke geskiedenis verower het, moes sonder verskeie van sy beseerde sterre – onder wie Wayne Rooney, Phil Jones, Nani en Rio Ferdinand – klaarkom.

“Om só te verloor nadat ons die wedstryd oorheers het, is onverklaarbaar,” het die uitgesproke United-afrigter aan Sapa-AFP gesê.

  • Vroeër het Tottenham Hotspur en Chelsea ook húl plekke in die vyfde ronde bespreek deur sukkelseges te behaal oor onderskeidelik Watford en Queens Park Rangers.

’n Doelwagter-blaps het Spurs se Rafael van der Vaart toegelaat om die Watford-doelnet te laat bult, terwyl ’n twyfelagtige strafdoel deur Chelsea se Juan Mata die Hoops se doppie geklink het.

Elders het Bolton Wanderers, Stoke City, Everton en Norwich City met Swansea City, Derby County, Fulham en West Bromwich Albion afgereken, en Brighton & Hove Albion het Newcastle United uitgeskakel.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Sokker-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.