Hofstryd kan Reds se seisoen verongeluk

2010-10-14 23:06

Londen. – Asof die Engelse sokkerreus Liverpool nie vanjaar genoeg die wind van voor op die veld kry nie, dreig die voortslepende stryd om eienaarskap van dié klub nou om die Reds se seisoen verder te verongeluk.

’n Hofuitspraak in Texas eergister het die klub se raad tydelik verbied om die klub te verkoop en só die stryd om eienaarskap gister nogmaals in die Londense hooggeregshof laat beland.

George Gillet en Tom Hicks, Liverpool se huidige eienaars, was vroeër gekant teen ’n besluit deur die klub se raadslede om ’n aanbod van £300 miljoen van ’n Amerikaanse sportmaatskappy te aanvaar.
Volgens Gillet en Hicks van Amerika is dié aanbod te laag en het hulle dit as ’n “epiese bedrogspul” beskryf.

Regter Christopher Floyd het Woensdagoggend in die hooggeregshof die eienaars se pogings om die transaksie te stuit, van die hand gewys.

Gillet en Hicks het egter kort daarna ’n uitspraak van ’n hof in Texas verkry om die transaksie tydelik op te skort.

Dié regstryd, wat wentel om £285 miljoen se skuld wat teen vandag aan die Royal Bank of Scotland terugbetaal moet word, sou gistermiddag laat weer in die hooggeregshof voortduur.

Indien Liverpool se enorme skuldlas nie voor vandag vereffen is nie, kan die klub onder finansiële administrasie geplaas word en só nege Premierliga-punte verloor.

Intussen het New England Sports Ventures, die maatskappy wat Liverpool aanvanklik sou koop, mededinging gekry.

’n Sakeman van Singapoer, Peter Lim, het Dinsdag ’n aanbod van £320 miljoen gemaak en belowe om nóg £40 miljoen aan nuwe spelers vir die span te bestee as sy aanbod aanvaar word.

Die afrigter van Liverpool, Roy Hodgson, se span is tans 18de (van die 20 spanne) op die Premierliga-puntelys en kon net een van sy sewe wedstryde tot dusver in dié kompetisie wen.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Sokker-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.