WP ‘mors met jonges’

2010-09-09 22:50

Lionel Cronjé kry eindelik môre kans om te wys wat in hom steek wanneer hy die nr. 10-trui vir die WP dra in die stryd teen die Luiperds op Nuweland.Foto: Nasief Manie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Die Wes-Kaapse rugbybaas Peter Jooste is erg omgekrap oor die Westelike Provinsie se onvermoë om Conrad Hoffmann in die Moederstad te hou.

Hoffmann (23) trek ná vanjaar se Curriebeker-rugbyreeks Durban toe, en sal na verwagting gereeld volgende jaar vir die Sharks in die Super15-reeks skrumskakel speel.

Die voormalige Suid-Afrikaanse o.21-ster is vandeesweek voorlopig as heelagter in die Westelike Provinsie se beginspan ingesluit vir môre se wedstryd teen die Luiperds op Nuweland. Volgens die Streeptruie se afrigter, Allister Coetzee, het hy egter ’n “enkelbesering” wat hom dalk nog langs die kantlyn hou.

“Ek is baie teleurgesteld dat die WP jong spelers verloor en ouer manne van elders kontrakteer,” sê Jooste, wat in die WP se uitvoerende komitee dien en ook die hoof van Suid-Afrika se keurkomitee is.“Conrad is na my mening ’n speler met uitstaande talent, wat oor die vermoë beskik om eendag vir die Springbokke te speel.

“Ander talentvolle spelers soos Francois Hougaard, Stephan Dippenaar en Hayden Groepes is ook hier weg. Die WP moet beter na sy jong talent kyk.”

Terwyl die WP vir Hougaard en nou ook Hoffmann verloor het, het hy uit sy pad gegaan om Ricky Januarie en Dewaldt Duvenage te kontrakteer.

Die WP spog tans weer met ’n talentvolle generasie jong spelers, met sy o.19-span onoorwonne ná agt wedstryde en die o.21-span wat sewe van sy agt gewen het.

“Dis goed vir die WP dat jong spelers goed vertoon, want dit kan die toekoms van die unie verseker. Maar die vertoning van die senior span is die belangrikste,” sê Jooste.

“Daar moet ook loopbaanplanne vir die jong spelers wees. Ek dink nie ons gee vir jong spelers genoeg geleenthede nie.”

Coetzee het vandeesweek wel besluit om verlede jaar se SA o.20-speler van die jaar, Lionel Cronjé, op losskakel te kies.

Cronjé sal môre die eerste keer sedert hy hom by die WP aangesluit het ’n wedstryd in die Curriebeker-reeks begin.Terwyl hy baie tyd op die Streeptruie se plaasvervangersbank deurgebring het, het die Haaie en Leeus Patrick Lambie en Elton Jantjies onderskeidelik gereeld ingespan. Hulle word nou reeds as Springbok-kandidate vir die nabye toekoms beskou.

Die WP het boonop sy laaste drie wedstryde in die Curriebeker-reeks verloor.

Behalwe vir die skielike afwaartse kurwe nadat die WP met ses seges afgeskop het, verneem Sport24 daar heers ook ernstige kommer onder Kaapse rugbybase oor die gebrek aan transformasie in die senior span.

Die WP het in sy eerste nederlaag van die Curriebeker met Conrad Jantjes as die enigste gekleurde speler in die beginspan teen die Haaie in Durban gespeel.

Jantjes is boonop ’n klompie seisoene gelede uit Johannesburg hierheen gelok en is nie ’n plaaslike produk nie.

Morgan Newman het sedert sy herstel van ’n ernstige kniebesering nie verder as die WP se plaasvervangersbank gevorder nie.

Desondanks die ongelukkigheid wat in WP-geledere oor spankeuses en kontraktering heers, behoort die Streeptruie gemaklik weer op die wenpad te kom.

Die Luiperds het nog nie vanjaar ’n Curriebeker-stryd gewen nie.

Niks anders as ’n groot sege behoort dus vir ’n Springbok-belaaide WP-span aanvaarbaar te wees nie.

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Rudel sê... Go Bulls,maak dit nag vir die ander Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Business Analyst

Western Cape, South Africa
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2008
R 320,000.00

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2007
R 149,990.00

NISSAN

Micra 1.4 Visia 5-dr
2011
R 140,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.