Vuiste klap voor Sonny Bill en Yank in die kryt klim

2012-02-08 00:00

HAMILTON. – Die All Black-rugbyspeler Sonny Bill Wil­liams moet nog bewys hy kan met die bestes in die bokswêreld saamgesels, maar hy het rof genoeg gelyk toe hy met sy volgende teenstander, Clarence Tillman, by gister se inweegsessie vasgesit het.

Tillman, ’n Amerikaner, het sy humeur verloor toe dié twee van aangesig tot aangesig ontmoet het om vir fotograwe by die Hamilton-gimnasium te poseer en Williams uitdagend met hom gepraat het.

Skielik het Tillman Williams op die ken geslaan en laasgenoemde het met ’n regter-haakhou in Tillman se gesig gereageer.

Anthony Mundine, ’n Australiese beroepsbokser asook ’n voormalige rugbyliga-speler wat met Williams bevriend is, het Tillman toe na die vloer getrek en hom van Williams af weggedruk.

In ’n video-opname van die voorval wat op die Internet verskyn, kan gesien word hoe Williams sê “moet my nie homie noem nie” terwyl die twee boksers mekaar aangegluur het net voordat die houe begin val het.

Die twee se boksgeveg vind vandag plaas.

“As hy wil, kan ons nou dadelik veg,” het Williams gister gesê.

“Dis reg met my.”

Mundine het aan Fairfax-media gesê hy dink Tillman was verkeerd.

“Ek dink hy is verbouereerd. Dit was ’n baie disrespekvolle ding om te doen.

“Om iemand so uit die bloute te slaan beteken hy het alle respek en eer as ’n kryger verloor en ek hoop regtig Sonny laat hom daarvoor betaal.”

Tillman het meer as 128 kg by die inweegsessie geweeg. Dit is sowat 20 kg swaarder as Williams, wat deur die Nieu-Seelandse Rugbyunie toegelaat word om aan ’n beperkte aantal boksgevegte deel te neem.

Tillman het Richard Tutaki as ’n teenstander vir Williams vervang nadat Tutaki op verskeie aanklagte in hegtenis geneem is.

Tillman het glo aan joernaliste gesê hy het $1 000 op homself vir ’n oorwinning verwed. 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.