Varsitybeker: Pukke-breier maan Ikeys

2010-02-07 22:00

KAAPSTAD

“Ons kom Kaap toe met hoë verwagtinge.”

Dít was die waarskuwing van die Pukke se afrigter, Rudy Joubert, voor vandag se Varsitybeker-kragmeting met die Ikeys op die Universiteit van Kaapstad se rugbyveld.

Die Pukke en Ikeys was sedert die aanvang van die reeks in epiese wedstryde betrokke, met twee halfeindstryde wat tussen hulle beslis is. Die Ikeys het die eerste in 2008 naelskraap met 32-31 gewen en die Pukke was verlede jaar met 19-17 baas.

Albei spanne se spelpeil verlede week in die eerste ronde was skaf­lik, met die Ikeys wat in ’n gelykop-stryd van 30-elk met die Shimlas in Port Elizabeth betrokke was, en die Pukke wat die Tukkies met 35-24 verslaan het.

“Ons het goed begin deur 5 punte in te samel, maar kon steeds beter gespeel het,” sê Joubert.

“Wedstryde tussen ons en die Ikeys is tradisioneel naby. Hulle is ’n sterk span en moeilike teenstanders, veral teen die berg. Die Ikeys het goed gedoen deur terug te veg vir ’n gelykop-stryd teen die Shimlas. Dit dui op karakter. Ons het selfvertroue ná ’n baie goeie voorsei­soen. Al die spelers geniet en glo in wat ons doen.”

Die Pukke-vleuel Dane Johnson was verlede jaar vir die Ikeys ’n uitblinker en het die Westelike Provinsie in die Vodacombeker-reeks verteenwoordig. Hy sal natuurlik oorgehaal wees om sy beste vir sy nuwe span in die Ikeys se agterplaas te lewer.

Die dag se ander groot wedstryd is tussen Tuks en die Universiteit van Johannesburg (UJ) in die Tukkies-atletieksta­dion. Tuks is onder druk om te wen ná verlede week se nederlaag teen die Pukke en die UJ wil op die regte koers bly nadat hy die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) verlede week met 28-14 geklop het.

Die Shimlas (teen die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) en Maties (teen TUT) se take is ’n bietjie makliker.

Die spanne is:

  • Ikeys t Pukke (Groote Schuur)

Ikeys: Therlow Pietersen, Marcello Sampson, Marcel Brache, Tim Whitehead, Pete Haw, Matt Rosslee, Stu Commins, JJ Gagiano, Yaya Hartzenberg, Nick Fenton-Wells (k), Martin Muller, Don Armand, Grant Kemp, Dayne Jans, Ash Wells. PLAASVERVANGERS: Mark Goosen, Chris Heidberg, Greg Mallett, Levi Odendaal, Nic Groom, Sean van Tonder, Douglas Mallett, Wes Chetty.

Pukke: Theuns Kotze, Dane Johnson, Ruan Jacobs, Wouter Watermeyer, Andrew van Wyk, Niell Jacobs, Andries Mahoney, Thabo Molete, Jaco Lötter, Savvas Nel, Markus Fourie, Dirco Rautenbach, Stephanus Bezuidenhout, Stoffel Duvenage, Dewald Coetzee. PLAASVERVANGERS: BW van Dyk, BG Uys, Francois Robbertse, Siya Mdaka, Cecil Dumond, Wenstley Scott, SP Marais, Johan Coetzee.

Afskoptyd: 16:30.

Skeidsregter: Dilbert November.

  • Maties t TUT (Stellenbosch)

Maties: Jurgen Visser, Danie Poolman, Stokkies Hanekom, Dabeon Draghoender, Tythan Adams, Hay­den Groepes, Conrad Hoffman, Tertius Daniller, Jonathan Adendorf, Sam Mabombo, Hugo Kloppers, Andrew Prior, Lourens Adriaanse (k), Matthew Dobson, Johan Roets. PLAASVERVANGERS: Andrew Crausaz, Mike De Neuilly-Rice, Marinus Pretorius, Josh Strauss, Johan Herbst, Stephan van der Merwe, Jonathan Francke, Buhle Mxunuywa.

TUT: Hansie Graaff, Johan Swartz, Jaco Oosthuizen, Lutho Nyeka, Thabo Motau, Jacques Venter, Nico van Zyl, Wikus Botes, Emile Verster (k), Alfred Khoza, Werner Lourens, Johan Steenkamp, Braam van der Merwe, Dean Muir, Jacques van Rooyen. PLAASVERVANGERS: Eugene Cunha, Juan Pike, Dewald van Deventer, Ryno Lopes, Manny Raposo, Felix Godlo, Henk de Ridder, Johann Visser.

Afskoptyd: 19:30.

Skeidsregter: Matt Kemp.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Rudel sê... Go Bulls,maak dit nag vir die ander Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bfn: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.