Taktiese spel pla, sê Allister oor nr.10

2012-02-08 00:00

KAAPSTAD. – Verlede jaar was dit beserings en vanjaar is dit taktiese spel.

Die losskakel-posisie bly vir die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, ’n kopseer voor die aanvang van die Super-rugbyreeks, op 24 Februarie.

Coetzee sal na verwagting vandag Gary van Aswegen as sy nr.10 vir Saterdag se opwarmwedstryd teen die Southern Kings in Port Elizabeth aankondig.

Dit beteken dat Van Aswegen ook in die binnebaan is om die Stormers se eerste wedstryd in die Super-reeks, op 25 Februarie teen die Hurricanes, te begin.

Die Stormers-breier het tot dusver in die voorseisoen al vier losskakels – Van Aswegen, Burton Francis, Demetri Catrakilis en Kurt Coleman – op die proef gestel. Hy is egter nog nie tevrede met wat hy gesien het nie.

“Hul taktiese spel is nog nie op standaard nie,” het Coetzee gesê.

“Die vermoë om die situasie te speel, ontglip die spelers nog wanneer ons aan algemene aanvallende spel werk.

“As jy in jou eie helfte speel, kan jy ook nie net die bal na die agterspelers skuif nie. Dis dán wanneer die stewel ingelê moet word.

“Dis ook nie nodig om die bal in jou eie helfte op te neem as die tyd en ruimte daar is om die druk met ’n skop te verlig nie. Jy wil in die teenstander se helfte besit behou en hulle dwing om duikslae uit te voer. Dís die vlak waarna ek wil hê ons losskakels moet vorder.”

Die beserings het verlede jaar só onder die Stormers se losskakels gemaai dat Earl Rose selfs nader getrek is. Vyf ander spelers – Peter Grant, Van Aswegen, Lionel Cronjé, Kurt Coleman en die skrumskakel Dewaldt Duvenage – is deur die loop van die Stormers se veldtog as losskakels gebruik.

Van Aswegen se vertoning in Port Elizabeth is veral belangrik, omdat Coetzee nog nie seker is wanneer Grant se verpligtinge met die Kobelco Steelers in Japan afgehandel sal wees nie.

“Die ergste wat kan gebeur, is dat Peter vir die eerste twee wedstryde nie hier gaan wees nie,” het Coetzee gesê.

“Dalk loop hy slegs die eerste wedstryd mis, of dalk kan hy hom selfs nog voor die begin van die Super-reeks by ons aansluit.”

Dit lyk egter toenemend of ’n groot kans Van Aswegen teen die Hurricanes beskore sal wees.

In daardie geval sal hy aan ongekende druk blootgestel word, want hy kan hom tussen Bolla Conradie en Jean de Villiers as die enigste binne-agterspeler met ’n gerekende skopvoet bevind.

Coetzee meen Grant se terugkeer sal vir elkeen van die jong losskakels van waarde wees.

“Daar is sekere dinge wat ’n jong speler net by ’n ervare een kan leer. Peter sal Gary en al die ander jong losskakels help.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.