Stormers-ysters terug

2012-02-06 02:16

KAAPSTAD. – Twee van die Stormers se beseerde ysters, Andries Bekker en Duane Vermeulen, kan Saterdag die eerste keer in maande tot die rugbyveld terugkeer.

Dié twee strydrosse behoort in die Kapenaars se beste beskikbare 22-tal vir hul oefenstryd teen die Southern Kings in Port Elizabeth te wees, het ’n tevrede Allister Coetzee, die Stormers-afrigter, eergister hier onthul.

Dit was ná sy naasbestes se nederlaag van 14-22 teen die Cheetahs se voorstes.

Coetzee sal waarskynlik ook vandag op sy finale groep vir die Super-reeks besluit. Hy sal in die Baai met ’n span uitdraf wat baie dieselfde as in sy eerste Super-stryd, op 25 Februarie teen die Hurricanes, gaan lyk.

“Ons gaan met ’n volsterkte span teen die Kings speel. ’n Span wat moontlik op 25 Februarie teen die Hurricanes kan begin,” het Coetzee gesê.

Hy het bevestig dat Bekker en Vermeulen dalk die naweek sal terugkeer. Die beseerde skrumskakel Dewaldt Duvenhage sal ook vandeesweek voluit aan spanoefeninge begin deelneem.

Verder is Coetzee verheug oor die 30 minute wat die slot Rynhardt Elstadt, wat sy terugkeer ná ’n langtermyn-besering gemaak het, teen die Cheetahs kon speel.

Volgens Coetzee het hy meer antwoorde in die Cheetahs-stryd as ’n week tevore teen die Lions gekry.

“Op ’n manier het ons ons doelwitte bereik. Ons bou na 25 Februarie en dit was deel van die plan. Jy kan duidelik sien daar is spelers wat op individuele vlak tegniese skaafwerk benodig en dan is daar ander wat reg is om in die Super-reeks te presteer.

“Ek is bly om te sê daar is niks fout met die poging wat ek vandag gesien het nie.”

Die Stormers het in die vorige oefenstryd teen die Lions by die afbreekpunte kleigetrap, maar die breier is in sy skik met dié aspek van hul spel teen die Cheetahs. “As jy kyk hoeveel strafskoppe ons op die grond afgestaan het, was daar ’n groot verbetering. Verlede week het ons drie geelkaarte by die afbreekpunte gekry en vanaand het ek gevoel sekere spelers het dalk met moord weggekom.

“Die Cheetahs kon dalk gestraf word vir onkantspel of omdat hulle ons bal stadig gemaak of nie weggerol het nie.”

Veral die Cheetahs-flank Heinrich Brüssow was ’n oorlas in dié afdeling.

Die Stormers-losskakel, Demetri Catrakilis, wat ná ’n ligte dyspierbesering gespeel het, het nie waffers vertoon nie en staan waarskynlik steeds agter Gary van Aswegen en Burton Francis in die losskakel-ry. Catrakilis het twee strafskoppe, ’n doelskop en ’n afskop verbrou.

Coetzee meen sy span het klomp kanse teen die Cheetahs gehad om drieë te druk, maar kon nie koelkop bly nie. Die jong vleuel Ederies Arendse het hom ook beïndruk, veral aangesien hy nog nie lank deel van die Stormers-kamp is nie.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.