Skotland se groot kans

2012-02-04 03:00

Edinburg. – Rugby se oudste vyande sê mekaar vandag weer die stryd aan wanneer Engeland op Murrayfield teen Skotland speel, maar nuwe doelwitte is op die spel vir dié bure.

Die mees onlangse tweestryd in die verhaal, wat reeds in 1871 begin het, was in verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland toe die Engelse met genade ’n sege van 16-12 oor die Skotte behaal het.

Dit het Skotland die eerste keer ’n plek in die toernooi se uitklopronde gekos.

Vandag is die begin van ’n nuwe Sesnasies-reeks en Skotland het weer ’n kans om vuur te spoeg – teen ’n span wat ná die Wêreldbeker-stryd deur die Skotse afrigter, Andy Robinson, as “arrogant” beskryf is.

Skotland se geleentheid vir wraak is veral groot noudat die Engelse besluit het om hul span van voor te herbou.

Stuart Lancaster durf sy eerste wedstryd as tussentydse Engelse afrigter aan met ’n uiters onervare span, selfs al kan dié nuwelinge ook vir groot opwinding sorg.

Dit sluit die Suid-Afrikaanse tweetal van Brad Barritt (senter) en Mouritz Botha (slot) in.

Dit reën debutante in die Engelse span, terwyl net die vleuel Lee Jones in die Skotse span sy buiging maak.

Tog sal die Skotte moet leer drieë druk alvorens hulle golwe in die Sesnasies gaan maak.

Van die 20 spanne in verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi het slegs Georgië en Roemenië minder drieë as Skotland gedruk.

Afskop: 19:00.

)Vir Frankryk het die seer van sy nederlaag van 7-8 teen Nieu-Seeland in die Wêreldbeker-eindstryd al effens verdwyn.

Maar daar is ’n ander herinnering wat by die Franse sal spook voor vandag se kragmeting met Italië in Parys.

Italië, wat slegs 8 van sy 60 wedstryde in die geskiedenis van die Sesnasies-reeks gewen het, het verlede jaar ’n skokoorwinning oor die Franse in Rome behaal.

Albei spanne het nuwe afrigters met Phillipe Saint-André wat beoog om bestendigheid by die wisselvallige Franse te kweek.

Jacques Brunel beplan om ’n meer aanvallende soort rugby by die Italianers te vestig en stel sy doelwit duidelik: hy wil Italië binne vier jaar een van die voorste ses rugbylande ter wêreld maak.

Afskop: 16:30.

)Môre se wedstryd in Dublin tussen Ierland en Wallis is die naweek se grootste trekpleister, selfs al het beserings die Walliesers erg ontwrig.

Die Iere het hoofsaaklik by hul span gehou wat verlede jaar in die Wêreldbeker-kwarteindronde teen die einste Rooi Drake verloor het.

Tog is Ierland sonder sy gewilde senterheld Brian O’Driscoll en sy plaasvervanger, Keith Earls, moes hom ook gister weens persoonlike redes onttrek.

Fergus McFadden sal nou die nr.13-trui dra.

Afskop: 17:00. – Sapa-AP en Sportredaksie

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.