Schalk nie teen Luke ingespan

2012-02-07 00:00

KAAPSTAD. – Daar sal geen konfrontasie tussen Schalk Burger en Luke Watson wees in Saterdag se opwarmwedstryd tussen die Stormers en Southern Kings in Port Elizabeth nie.

Burger, die Stormers-kaptein, het gisteraand die Laureus-toekenningsaand in Londen bygewoon. Hy kan dus nie voor Woensdag oefen nie, en sal dus nie deur sy rugbybreier, Allister Coetzee, vir sy beginspan oorweeg word nie.

Dis welbekend dat Burger en Watson nie om dieselfde vuur gesit het terwyl laasgenoemde by die Westelike Provinsie was nie.

Coetzee meen dié vurige losvoorspeler het reeds genoeg in die voorseisoen gedoen om skerp te wees teen die tyd wat die Stormers die Hurricanes, op 25 Februarie, pak.

“My plan was altyd om seker te maak dat spelers 160 – of ’n minimum van 120 minute – in opwarmwedstryde speel voor die Super-reeks begin. Schalk sal hom Woensdag weer by ons aansluit, maar het genoeg minute op die veld deurgebring.”

Coetzee sal nou vir Duane Vermeulen die eerste keer vanjaar inspan nadat hy van sy kniebesering herstel het.

Coetzee gaan hom nie in Burger se afwesigheid daarmee bemoei om ’n spesialis-baljagter op die proef te stel nie. “Ons wil seker maak dat al ons spelers 120 minute kry. Ek is tevrede met Schalk, maar ons moet nou vir Duane betrek.

“Ek wil hê elke speler naby die bal moet goeie besluite neem. Ek wil ons nie tot ’n sekere tipe speler beperk nie. Ons wen vernaam met ons aggressiewe verdediging omkeerbesit.”

Hy was tevrede met sy spelers se dissipline by die afbreekpunte teen die Cheetahs.

“Ons het slegs ses strafskoppe op die verdediging afgestaan teenoor die vorige week se twaalf.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.