SARU waarsku teen selfoon-slenter
2012-02-06 15:51
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Die
Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) het mense gewaarsku teen 'n
selfoon-slenter.
Volgens 'n
mediaverklaring het die SARU-kantore baie
oproepe ontvang van bekommerde rugby-ondersteuners oor 'n SMS wat sê
hulle het groot bedrae geld in 'n Wêreldbeker-promosie, wat deur die Internasionale
rugbyraad organiseer word, gewen.
Die boodskap lees,
(tipies) “Congratulation!!! Your
cell Number.has won 960,000, in the IRB
Rugby 2011 Promotions with RefA543B. Call Mr.Antony Smith (selnommer), to activate &
claim”.
SARU wil mense daarop wys dat
nié die Internasionale rugbyraad of SARU
enige sulke promosies aangehad het nie en dat die SMS eenvoudig uitgewis moet
word.