Oud-Bok (35) stof stewels af vir Bolanders

2010-09-02 21:47

Paarl - Die Bolandse bries dra vandag ’n suggestie van ou wyn in ’n nuwe wynsak.

Dít nadat die bestuur van die Boland-Kavaliers gister verras het deur sy agterlyn-afrigter en voormalige Springbok, Louis Koen (35), as losskakel te kies vir die Eersteliga-wedstryd in Wellington teen die Valke.

Koen rig sedert 2007 in die Boland af, en het intussen ook hier by sy alma mater, die Paarl Gimnasium, skoolgehou.

Tussendeur het hy en die voormalige Springbok-losskakel Braam van Straaten ’n skop-akademie op die been gebring.

Van Straaten het vandeesweek sy “intellektuele ka­pitaal” met die Wallabies gedeel. En hy het tot vroeër vanjaar gesê hy skop tans beter as in sy speeldae.

Volgens die Bolandse direkteur van rugby, Loffie Eloff, sal Koen ook vandag die kans kry om sy skopvernuf ten toon te stel.

Hieroor het Koen beskeie aan Sport24 gesê: “Jong, my skoppe gaan maar soos dit altyd gegaan het. As ek en Braam afrig, skop ons natuurlik sonder druk. Maar ek het darem hard geoefen.”

Koen se laaste wedstryd was vroeg in 2007, waartydens hy ’n ernstige besering opgedoen het. Daarna het hy uitsluitlik op afrigting gefokus.

Oor die kans om weer rugby te speel, is hy kinderlik opgewonde: “Ek het nie gedink ek gaan ooit weer die geleentheid kry nie. Ek is eerstens ’n afrigter en dan ’n speler.

“Hierdie kans is vir my ’n wonderlike seëning – meer só omdat ek die kans het om van die jonger ouens te help en in die groter spankonteks ’n bydrae kan probeer maak.”

Sy insluiting is egter nie ’n impulsiewe besluit nie.

“Louis het aan die begin van die jaar gesê hy sal graag uithelp indien dit iewers nodig raak. Hy het intussen hard geoefen en is sonder twyfel nog fiks genoeg om te speel,” het Eloff gesê.

“En kyk, ons het jong talentvolle losskakels, soos Willie le Roux, in ons midde. Ek wil hê hulle moet by Louis leer hoe om rigting aan die span te gee en om in die regte situasies die regte besluite te neem. Louis het baie kundigheid, en sy teenwoordigheid sal die ouens rondom hom vertroue gee.”

Die Kavaliers het in hul laaste vier wedstryde in die hek geduik – in twee gevalle nadat hulle in die doodsnikke ’n voorsprong prysgegee het.

Eloff het dié flaters deels aan ’n gebrek aan ervaring toegeskryf. Dat sy span vandag met ’n Springbok-skakelpaar in Koen en Bolla Conradie, asook twee Bokke as slotte – Hottie Louw en Hilton Lobberts – uitdraf, kan help om die seisoen weer op koers te kry.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Rudel sê... Go Bulls,maak dit nag vir die ander Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.