Maties laat WP se vlag wapper

2012-02-07 00:00

STELLENBOSCH. – As gisteraand se Varsitybekerrugby in die Kaap vir enigiets onthou gaan word, sal dit seker wees dat ’n telbord op ’n tydstip 2-0 gelees het.

Die Ikeys, die verdedigende kampioenspan, is verrassend ver met 38-10 deur die Shimlas in Kaapstad oorrompel.

Maar die Maties het darem sonder om enigiets skouspelagtigs te doen verlede jaar se houtlepel-span, die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), met 52-2 afgestof.

Dit was egter nie ’n vertoning waarop die Maties hulle vorentoe sal roem nie. Hulle was slegs in die eerste kwartier onder druk en dit was net omdat hulle in daardie periode 8 strafskoppe afgestaan het.

Met die derde oortreding het die TUT se linkervleuel, Ruan van Loo, ’n strafskop deur die pale gejaag om die telling 2-0 te maak. ’n Strafskop tel in vanjaar se Varsitybeker twee punte en ’n doelskop drie.

Dit sou waarskynlik die eerste keer in meer as ’n eeu wees dat die telbord in Stellenbosch 2-0 gelees het, want volgens Wikipedia was 1893 die laaste jaar wat twee punte aangeteken kon word.

Die Maties het egter die sokkertelling teen hulle in een verander wat eerder op ’n krieket-telbord hoort. Hul eerste besoek aan die TUT se halfgebied het ’n mooi drie van eerstefase-spel opgelewer. Louis Jordaan het ’n bres geslaan en sy sentermaat, Wessel Coetzee, weggestuur vir die drie.

Daar was vir die slot Grant Hattingh ook ’n driekuns aan drieë, terwyl Os Hamman as vaskopstut sy naam gestand gedoen het deur twee keer oor die doellyn te beur.

)Puntemakers:

Maties 52 (26): Drieë: Wessel Coetzee, Grant Hattingh (3), Os Hamman (2), André Smith. Doelskoppe: André Kemp (4), Donald Stevens. Strafdoel: Kemp.

TUT 2 (2):Strafdoel: Ruan van Loo.

) ’n Begeesterde Lappies Labuschagné was aan die spits van die Shimlas se tweede sege in twee seisoene oor die Varsitybeker-kampioen, berig Jóhann Thormählen.

Verlede jaar het hulle die Maties ook getroef. Boonop was dit ook hul eerste sege oor die Ikeys in dié reeks.

Die Bloemfonteiners het vergoed vir die groot nederlaag wat hulle in 2011 se halfeindstryd in die Kaap gely het. Tóé is hulle met 57-20 afgeransel.

Maar dié keer het die Shimlas hul stem vroeg met twee drieë in die eerste 10 minute dik gemaak en voor jy Tigers kon sê, was hulle met met 16-0 voor.

Nie eens ’n geelkaart vir ’n kopstamp deur die Shimlas-slot Joubert Horn in die 20ste minuut was genoeg om die tuisspan te help nie.

Die Ikeys was met die rustyd 5-18 agter en ’n magdom hanteerfoute het enige kans op ’n terugvegpoging ongedaan gemaak.

)Puntemakers: Shimlas 38 (18): Drieë: Kevin Luiters, PW van Vuuren, Pieter Rademan, Fanie van der Walt. Doelskoppe: Nico Scheepers (4). Strafdoele: Scheepers (3).

Ikeys 10 (5) Drieë: Dillyn Leyds, Francois van Wyk.

)In gisteraand se ander wedstryde het die Tukkies in Pretoria die Universiteit van Johannesburg met 23-8 getroef en in Port Elizabeth moes die Pukke hard werk om die Madibaz met 26-16 tot oorgawe te dwing.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.