Maties-kaptein, Helmut, herinner afrigter aan Corné

2012-02-06 02:16

KAAPSTAD. – Die Maties sal vanjaar aangevoer word deur ’n jong man wat vir hul saak in die Varsitybeker-rugbyreeks sal bloei.

Chean Roux, afrigter van die Maroen Masjien, het aan Sport24 bevestig dat hy die flank Helmut Lehmann as sy kaptein aangewys het. “Helmut herinner my baie aan Corné Krige. Hy is ’n baljagter, speel op die grond en bloei altyd ná ’n wedstryd,” het hy gesê.

“As hy praat, dra sy woorde gewig. Hy lei van voor af.”

Die slot Hugo Kloppers was die ander sterk kandidaat, maar Roux het gevoel sy las sou te swaar wees indien hy as kaptein aangestel word.

“Hugo is só belangrik vir ons by die lynstane dat hy nie nog met ander verantwoordelikhede opgesaal moet wees nie.”

Lehmann lei die Maties vanaand in die Danie Craven-stadion in Stellenbosch op die veld in die eerste wedstryd van hul veldtog, teen die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT).

Die TUT was verlede jaar se houtlepel-span en is op die oog af ’n slaansak, maar dis nie hoe die Maties sake beskou nie.

“Ons speel in ’n ouderdomskompetisie en daar is elke seisoen ’n nuwe oesjaar. Jy weet nooit teen watter kaliber span jy gaan speel nie,” het Roux gesê.

“Jy moet jou eerste wedstryd soos ’n eindstryd benader. Ons is seker op papier en op grond van geskiedenis die gunsteling, maar daar wag ’n groot verrassing op jou as jy die wedstryd met daardie ingesteldheid benader.”

Die Ikeys begin die verdediging van hul titel teen die Shimlas. Adrian Kritzinger, wat onlangs vir die Stormers gespeel het in hul voorseisoense wedstryd teen die Boland, word as binnesenter deur die kampioenspan ingespan.

Dis nou al vier jaar dat die Varsitybeker in die Kaap staan en Roux, wat die afrigter vir die Maties se drie agtereenvolgende titel-seges was, meen daar is ’n goeie rede daarvoor.

“Daar is by my geen twyfel nie dat die rede waarom die Varsitybeker in die Kaap staan, is dat die WP se Superliga A die sterkste klubliga in Suid-Afrika is.

“Ek dink die WP se voorste vier klubspanne kan enige ander klubliga in Suid-Afrika wen.”

)Die Kaapse spanne is:

Maties: Ryan Nell, Dean Hammond, Wessel Coetzee, Louis Jordaan, Tythan Adams, André Kemp, Boela Abrahams, Tertius Daniller, Helmut Lehmann (k), Sam Mabombo, Hugo Kloppers, Grant Hattingh, Os Hamman, Rob Herring, Alistair Vermaak. PLAASVERVANGERS: Alfred Ries, Brummer Badenhorst, Reniel Hugo, JP Swanepoel, Donald Stevens, André Smith, Clearance Khumalo, Hein van der Merwe.

Ikeys: Dillyn Leyds, Richard Stewart, Damian de Allende, Adrian Kritzinger, Mark Winter, Nick Holton, Nick Farrar, Greg Mallett, Graham Knoop, Ntsolo Setlaba (k), Levi Odendaal, Pallo Manuel, Shane Meier, Matt Page, Wes Chetty. PLAASVERVANGERS: Dayne Jans, Francois van Wyk, James Kilroe, James Tatham, Steve Wallace, Michael Morris, Nathan Nel, Digby Webb.

Vanaand se aksie: Ikeys t. Shimlas (17:00, op SS1 en GDN), Tuks t. UJ (19:00, op SS1 en GDN), Maties t. TUT, Madibaz t. Pukke.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.