Kopkrapper vir Allister

2010-03-09 23:37

KAAPSTAD

Gaan die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, vandag die betwisbare besluit neem om die Fidjiaanse vleuel Sireli Naqelevuki in sy beginspan te behou vir Saterdag se Super14-rugbywedstryd teen die Hurricanes op Nuweland?

Gio Aplon het vandeesweek van griep herstel en is weer beskikbaar om uit die staanspoor as regtervleuel diens te doen, maar Naqelevuki het so goed in die sege van 33-0 oor die Highlanders gespeel dat hy Coetzee met ’n kopkrapper gelaat het.

“Sireli was werklik goed en sy werkverrigting ongelooflik. Hy het oral op die veld opgeduik,” sê Coetzee.

“Wanneer hy die bal gedra het, het hy ook voluit gehardloop.

“Hy het in die proses soms twee, drie of selfs vier verdedigers besig gehou.”

Coetzee sal straks ook sy span met Saterdag se teenstanders in gedagte kies, en die Hurricanes het baie fisieke agterspelers.

Aplon het wel die naweek as plaasvervanger in gebroke spel uitgeblink nadat hy vir Joe Pietersen op heelagter vervang het.

Op 74 kg is hy egter 40 kg ligter as Naqelevuki.

Met die Hurricanes in gedagte, kan Coetzee besluit dat Aplon die beste opsie van die plaasvervangersbank sal wees.

Die beste manier om die Hurricanes te klop, is dalk om ’n drukkoker voor te berei waarin min ruimte vir hul agterspelers gegun word.

“Ons moet seker maak dat ons fisiek ons man staan en balbesit goed behou, want hulle is baie gevaarlik vanuit gebroke spel,” sê Coetzee.

“Die Cheetahs het hulle goed van balbesit ontneem.

“Die Hurricanes verkies gebroke spel en wat jy moet doen, is om by jou struktuur te bly en besit te hou.

“Dit sal die week uiters belangrik wees om die bal te behou.”

Een van die groot positiewes teen die Highlanders was ook die Stormers se lynstaanspel.

As hulle dit teen die Hurri­canes kan herhaal, kan dit ’n belangrike wapen wees om die ritme van ’n span met gevaarlike hardlopers soos Ma’a Nonu, Conrad Smith, Cory Jane en David Smith te versteur.

As die Stormers dié stryd in die loopgrawe wil beslis, kan Naqelevuki se fisieke teenwoordigheid ’n wyse opsie wees.

Sy statistieke teen die High­lan­ders vertel ’n interessante verhaal.

Hy het 10 keer met die bal gehardloop – saam met Bryan­ Habana die meeste in die span – en 99 m veld gewen. Hy het ook 5 duikslae afgeskud en 6 keer oor die voordeellyn gekom.

Wat sy verdediging betref, het hy soos Jaque Fourie 8 doodvatte uitgevoer en met 2 misluk.

Naqelevuki het ook op eie houtjie ’n kwart van die Stormers se omkeerbesit bewerkstellig.

Hy het besit 3 keer omgekeer – 2 keer by die afbreekpunte en 1 keer deur ’n teenstander by die kantlyn uit te duik. In totaal het die Stormers 12 keer omkeerbesit gewen.

Aplon het ook baie deugde, veral as daar ruimte is om aan te val en met sy linkervoet.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

jaco.vanheerden1 sê... Ek is opgewonde oor die hope jong talent in die land. Ons kan 'n onder 23 span bymekaargooi wat nie gaan terugstaan vir enige iemand nie. Kitshoff, Malherbe,Etzebet, Kolisi,Johan Goosen, Lambie om maar net paar te noem. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.