Knipoog-blaser ‘pla nie’

2010-03-11 22:54

Steve Walsh, wat môre op Nuweland die fluitjie hanteer. Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KAAPSTAD

Die teenwoordigheid van ’n skeidsregter wat vir een span knipoog nadat hy een van hul teenstanders afgestuur het sal baie spanne ontsenu, maar die Stormers het geen probleem met die aanstelling van Steve Walsh vir môre se Super14-rugbywedstryd teen die Hurricanes op Nuweland nie.

Walsh, wat in 2008 weens alkohol-verwante probleme die trekpas deur die Nieu-Seelandse Rugbyunie as skeidsregter gegee is, beoefen deesdae sy beroep in Australië.

Hy het verlede week die wedstryd tussen die Brumbies en Lions­ in Canberra hanteer en was in ’n omstrede voorval betrokke waar hy vir ’n voorspeler van die Brumbies geknipoog het nadat hy die Lions-vaskopstut, Kevin Buys, koelkas toe gestuur het.
 
Die Brumbies het met 24-13 gewen.

“Ek is nie te bekommerd nie. Ons wil net ons ding gaan doen. Steve is mos nou ’n Australiër so hopelik sal van die moeilike besluite teen die Hurricanes in ons guns tel,” het die Stormers se kaptein, Schalk Burger, vandeesweek skertsend gesê.

Die Stormers se benadering tot die kwessie van skeidsregters vanjaar is een van die sterkpunte in hul mondering – daar word gefokus op wat hulle self kan beheer.

“Dit maak nie saak wie die skeidsregter is nie.

“Dis iets wat buite ons beheer is. Ons moet seker maak dat ons goed aanpas by hoe hy die wedstryd hanteer,” sê die Stormers se afrigter, Allister Coetzee.

“Ons volg tendense, maar die belangrike ding is dat die spelers by die skeidsregter aanpas.

“Hulle vaar goed in daardie opsig. Daar is gesê dat dit moeilik gaan wees om balle te steel, maar verlede week het Francois Louw drie keer omkeerbesit gewen.

“Ek is gelukkig met ons vordering en die manier waarop Schalk die spelers kry om op die veld aan te pas.

“Dit maak nie saak wie die skeidsregter is nie.

“Ons moet seker maak dat ons goed aanpas by hoe hy die reëls vertolk en op die dag toepas.”

Coetzee het bygevoeg dat skeidsregters in elk geval “onder die vergrootglas” is.

Vandeesweek is daar bekend gemaak dat Paul Marks en Pro Legoete nie sommer weer vanjaar in die Super14-reeks sal blaas nie.

“Ongeag of hy (Walsh) ’n Nieu-Seelander is en of hy nou in Australië woon, die skeidsregters is ook onder die vergrootglas, want die assessors kyk,” sê Coetzee.

“Dis ’n groot wedstryd.

“Hy verstaan die omvang daarvan en moet daarvolgens blaas. Dit buite ons beheer en ons moet net fokus op ons taak.”

Die Stormers se taak is ’n gewigtige een teen een van die sterkste spanne op papier in vanjaar se Super14-reeks, hoewel die Cheetahs die Hurricanes verlede week in Bloemfontein met 28-12 geklop het.

“Die Cheetahs was direk op die aanval en het goed verdedig. Ek hoop nie hulle het die Hurricanes te kwaad gemaak nie!” sê Burger.

“Ons sal die Cheetahs se taktiek wil navolg, maar dis ’n nuwe week.

“Die Hurricanes is een van daardie spanne wat warm en koud blaas. As hulle die dag warm is, is hulle verskriklik goed.”
 

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Melt sê... Hi, Naas Olivier het n paar jaar terug probeer maar nie reggekom nie. Ek weet van geen ander Naas wat goed genoeg was om op hierdie blok genoem te word nie. Seker voor my tyd!!!!Ek neem dus aan jy is oor die 50? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.