Hou moed met Habana

2010-09-02 21:47

Bloemfontein - Bryan Habana is ’n Springbok-staatmaker.

Hy sal wéér sy beste spelpeil herwin en móét deel van Suid-Afrika se planne vir 2011 se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Nieu-Seeland uitmaak.

Die Bok-vleuel loop die laaste tyd weens swak peil onder kritici deur wat meen dat hy vir eers die trekpas uit die Suid-Afrikaanse span moet kry.

Ondanks pleidooie dat hy dalk ruskans nodig het, het Peter de Villiers, Bok-breier, met sy ster vir môre se Drienasies-kragmeting hier teen Australië as linkervleuel volhard.

Dis veral Habana se vertoning verlede naweek in Pretoria teen die Wallabies wat die wenkbroue laat lig het.

Sy grootste flater was toe hy die bal vanaf ’n afskop aangeslaan en die Aussie-vleuel James O’Connor dit opgepik en gaan druk het.

Die Bok-bestuur en Carel du Plessis, ’n voormalige Bok-vleuel en -afrigter, is dit eens dat Habana al in die verlede gewys het waarom hy ’n Bok is.

Dick Muir, ’n hulpafrigter van die Bokke, het gister op ’n nuuskonferensie hier vir Habana in die bres getree.

“Alle goeie spelers gaan deur tye waar hulle nie so goed speel nie.

“Bryan het met briljante vorige vertonings die maatstaf vir homself baie hoog gestel.

“Hy het die laaste tyd hard aan sy tekortkominge gewerk om dinge reg te stel.

“Ek dink hy is groter as ’n paar foute. Hy is baie toegewyd en ons is nie te bekommerd dat hy binnekort weer op sy beste sal wees nie.

“Dis ook jammer as jy een fout maak almal se oë skielik op jou is. Hy sal sake so gou moontlik wil regstel,” sê hy.

Volgens Du Plessis bestaan daar geen twyfel dat Habana in die WB-toernooi ’n groot rol sal speel nie, en moet hy nie aan net een vertoning gemeet word nie.

“Hy was dalk Saterdag nie op sy beste nie, maar Bryan was as vleuel nog altyd goed onder die hoë bal. Die aanslaan van die afskop was ’n fratsfout.

“Vir enige geld kon enige ander speler netsowel die bal laat val het en dit sou vyf punte vir die Aussies gewees het. Bryan is ’n goeie vleuel. Een wat ons beslis vir die Wêreldbeker gaan nodig kry.”

Du Plessis meen Habana moet die kritiek as ’n uitdaging sien.

“Daar gaan altyd kritiek wees. Nes daar altyd lof gaan wees vir spelers wat goed vertoon. Hy moet dit as uitdaging sien om sy spelpeil te verbeter en kritici se monde te snoer. Hy moet net rustig gaan sit en kyk wat sy sterkpunte is en daarop fokus.”

Hy sê die pleidooie dat Habana gepos moet word plaas die Springbok-bestuur onder druk, maar die bestuur sal moet besluit van watter waarde hy is en of hy nog kanse verdien om sy peil te herwin.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Rudel sê... Go Bulls,maak dit nag vir die ander Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bfn: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2008
R 320,000.00

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2007
R 149,990.00

NISSAN

Micra 1.4 Visia 5-dr
2011
R 140,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.