Heyneke sal flanke vandag dophou
2012-02-04 03:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
KAAPSTAD. – Heyneke Meyer hou dop.
Dit mag dalk ’n oefenwedstryd wees, maar vandag se tweestryd hier tussen die Springbok-flanke Schalk Burger en Heinrich Brüssow kan selfs voor die Super-reeks ’n aanduiding van die toekoms van Bok-rugby gee.
Meyer, die nuwe Bok-breier, behoort baie wys te word – veral deur wat tussen die Stormers en die Cheetahs op die grond gebeur – oor hoe hy sy Bok-lostrio gaan saamstel.
Brüssow is loshande een van die beste baljagters ter wêreld, terwyl Burger as moontlike Bok-kaptein gesien word.
Met ’n fikse Juan Smith sal Meyer moet besin hoe hy Burger-hulle gaan inspan.
Smith (haksening) keer hopelik ná die Cheetahs se oorsese Super-toer terug na die span.
Die Stormers-kaptein is dalk sy keuse vir Bok-leier, maar sonder Brüssow sal Meyer nie wil speel nie.
Burger behoort op Nuweland ook meer werk by die afbreekpunte, soos vroeër in sy loopbaan, te doen. Die Stormers-agtsteman, Nizaam Carr, en -flank Siya Kolisi is nie ware baljagters nie.
Die ander vraag is hoeveel Brüssow-hulle toegelaat gaan word om hul talent op die grond ten toon te stel, aangesien Super-afrigters gevra het dat skeidsregters vanjaar strenger by die afbreekpunte moet wees.
André Watson, Suid-Afrika se skeidsregterbaas, het vandeesweek gesê hoewel daar geen reëlverandering is nie, sal blasers strenger in dié afdeling optree.
Die spanne is:
Stormers: Gerhard van den Heever, Danie Poolman, JP du Plessis, Marcel Brache, Ederies Arendse, Demetri Catrakilis, Nic Groom, Nizaam Carr, Siya Kolisi, Schalk Burger (k), De Kock Steenkamp, Rynhardt Elstadt, Frans Malherbe, Deon Fourie, Deon Carstens. PLAASVERVANGERS: Siyabonga Ntubeni, Steven Kitshoff, Brok Harris, Eben Etzebeth, Don Armand, Nick Fenton-Wells, Rohan Kitshoff, Bolla Conradie, Kurt Coleman, Michael van der Spuy, Berton Klaasen.
Cheetahs: Hennie Daniller, Dusty Noble, Robert Ebersohn, Andries Strauss, Rocco Jansen, Johan Goosen, Pieter van Zyl, Davon Raubenheimer, Philip van der Walt, Heinrich Brüssow, Izak van der Westhuizen, Andries Ferreira, WP Nel, Adriaan Strauss (k), Marcel van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Ryno Barnes, Lourens Adriaanse, George Earle, Francois Uys. Ashley Johnson, Marnus Hugo, Sias Ebersohn, Philip Snyman, Rayno Benjamin, Willie le Roux.
Skeidsregter: Craig Joubert. Afskop: 17:00.
Wedstryd nie op TV uitgesaai nie.
- Die Burger