Div moet vinnig doepa vind

2010-07-12 10:37

Wellington, Nieu-Seeland - Daar was die naweek weliswaar ’n bietjie vreugde oor Morné Steyn se verjaardag, maar met Bakkies Botha reeds op pad terug Suid-Afrika toe weens ’n skorsing en Jannie du Plessis wat met ’n seer kuit sukkel, het die nederlaag van 12-32 teen die All Blacks Saterdag nog swaar oor die Springbok-rugbykamp gehang.

Steyn se verjaardag is stillerig gevier en Du Plessis sal vandag ’n skandering ondergaan om vas te stel hoe ernstig die besering is.

Die Springbokke het in die woorde van Du Plessis, “nie net lyfseer nie, maar ook hartseer” en hul afrigter, Peter de Villiers, sal vandag met iets besonders vorendag moet kom om sy spelers se gemoedstoestand te verbeter en seker te maak hulle word nie kanonvoer vir die All Blacks nie.

Hulle is Saterdag in die eerste Drienasies-toets vanjaar, in Auckland, in die meeste aspekte van die spel deur die All Blacks oordonder.

Die tuisspan se afrigter, Graham­ Henry, het reeds aangedui hulle kom hierheen om Saterdag die uitklophou te plant.

“Die taak is nog nie afgehandel nie. Eden Park was die eerste doelwit, nou moet ons die sakkie in Wellington toeknoop,” het Henry gesê.

De Villiers het dit duidelik gestel dat die Springbokke nie weer kan toelaat dat hulle fisiek oordonder word nie.

Hoe hulle dit gaan omswaai, gaan ewe veel in fikser bene en varser koppe lê.

Die Bokke het vlugflou gelyk en daar kan maar net gewonder word of die reisprogram die regte een was.

Ten minste het die Suid-Afrikaanse span nou ’n beter voorbereidingsfase en sal die spelers vandag en môre goeie sessies inkry.

Een manier hoe De Villiers nuwe energie kan bring, is met nuwe spelers, maar die breier lyk nie te gretig nie.

Dewald Potgieter behoort nietemin as flank in die prentjie te kom in Botha se afwesigheid, met Danie Rossouw wat hom waarskynlik sal vervang en as slot sal uitdraf.

Du Plessis se kuit kan speelkans aan CJ van der Linde gee, terwyl Tendai Mtawarira moontlik as plaasvervanger oorweeg kan word.

De Villiers moet ook besluit of hy gaan volhard met die onoortuigende Ricky Januarie op skrumskakel en of Ruan Pienaar en Francois Hougaard speelkans gegun sal word.

Vier drieë teenoor nul deur die All Blacks het die Nieu-Seelanders se heerskappy bevestig.

Die Springbokke is veral in die vastelos van hul voete af gespeel en die tuisspan se agterlyn het sonder moeite gate in die Bok-verdediging geruk.

’n Geelkaart teen Botha het die Bokke se poging nog verder laat uittorring.

Puntemakers:

All Blacks 32 (20): Drieë: Conrad Smith, Ma’a Nonu, Kieran Reid, Tony Woodcock. Doelskoppe: Dan Carter (3). Strafdoele: Carter (2).

Springbokke 12 (3): Strafdoele: Morné Steyn (4). 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.