Bulls ‘vuur en vlam’ vir stryd teen Cheetahs

2012-02-08 00:00

JJ Engelbrecht is een van die nuwe spelers in die Bulls-groep wat volgens Pierre Spies, nuwe kaptein, vol positiewe energie is vir die Super-seisoen. Foto: Lee Warren, Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PRETORIA. – Daar is vandeesweek ’n opgewondenheid en ’n doelgerigtheid in die Bulls-kamp en volgens Pierre Spies is Saterdag se wedstryd teen die Cheetahs in Polokwane een van die redes daarvoor.

Dié oefenwedstryd in die Peter Mokaba-stadion is vir talle Bulls-spelers, soos vir Spies, hul eerste proesel van rugby vanjaar en daarom, glo die nuwe leier van die trop, om meer as een rede belangrik.

“Dit was ’n lekker lang voorseisoen en ons het baie voorbereiding (vir die Super-seisoen) gedoen, maar wil nou speel. Almal sien dus uit na die wedstryd en ek dink dit behoort ’n goeie een te wees,” het die agtsteman gesê.

Sulke wedstryde is goeie rigtingwysers waar nog skaafwerk nodig is of wat reg gedoen is en Spies verwag dat hy en sy spanmaats heelwat antwoorde sal kry.

“Eerstens wil jy alles wat jy geoefen het, uitprobeer en sien hoe dit deur die reëls beïnvloed word.

“Tweedens wil jy momentum kry, vertroue opbou en mekaar begin verstaan. Ons is ’n klomp nuwe ouens en dit is belangrik om tyd saam op die veld in te kry,” meen die 26-jarige kaptein.

Hy is opgewonde oor die “nuwe” span, erken hy.

“Daar was baie aanpassings te maak, maar dit was nie so moeilik nie. Almal, die spelers, die bestuur en die afrigters, almal het dadelik in dieselfde rigting getrek en die oorgang só maklik gemaak. Dit is iets waaroor ek as nuwe kaptein baie dankbaar voor is.”

Spies is doelgerig oor waarheen die Bulls op pad is.

“Ons wil iets nuuts begin. Ons besef dit was die einde van ’n era, maar is gretig om ’n nuwe een te begin bou. Almal se energie is positief en ons is gretig om aan die gang te kom.”

Sy spanmaats voel ook só, verseker hy. “Daar is ’n stille opwinding en ’n mens wonder hoe dinge kan uitdraai. Ek is egter vol vertroue en vol geloof in die spelers wat ons het en is seker ons kan ’n goeie seisoen daarvan maak.”

Vanweë die verandering aan vanjaar se reeks is die Bulls se benadering noodwendig anders, het Spies laat blyk.

“Ons moes, want die formaat is anders.”

Die reeks word ook onderbreek vir die toetswedstryde.

 “Dit verander die prentjie aansienlik. Ons beplanning neem dit in ag, maar die geheim gaan daarin lê om nie te ver vooruit te gaan met dinge nie. Doen die eerste dinge eerste en fokus op die week wat voor jou lê.”
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.