Blitsbokke speel Fidji
2012-02-03 13:14
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Die Blitsbokke sal môre (4h49 vm, SA-tyd) in die kwarteindronde van die Wellington-toernooi van die Internasionale Rugbyraad se Wêreldsewesreeks in Nieu-Seeland, teen Fidji te staan kom.
Die Blitsbokke het bo-aan Groep B geeïndig na oorwinnings oor die Verenigde State, die Cook-eilande en Engeland.
Die Suid-Afrikaners het geen punte teen die Cook-eilande én die Amerikaners afgestaan nie en Engeland met 14-10 geklop.