2012-05-22 00:00
Die Bulls kan hul Super-toer in Nieu-Seeland met hul beste beskikbare rugbyspan afsluit.
2012-05-21 14:15
Die krieketspeler Wayne Parnell is vrygelaat nadat hy volgens berigte op 'n partytjjie in Moembai aangekeer is. Altesame 91 mense is aangekeer nadat die polisie vermoed het dwelms word op die partytjie gebruik.
2012-05-20 21:38
Die Bulls meen hulle het hulself in die steek gelaat teen die Highlanders en wil Vrydag in Hamilton hul Super-rugbytoer met ’n oortuigende vertoning teen die Chiefs afsluit.
2012-05-20 21:38
Vandeesweek sal die Lions ook die flank Grant Hattingh moet vervang ná sy skynbaar ernstige beenbesering wat hy in die tweede helfte opgedoen het.
2012-05-20 21:38
Stormers-ondersteuners stap steeds saans hier van Nuweland af sonder om mooi seker te wees of hulle behoort te jubel of behoort te brom.
2012-05-20 21:38
’n Derde voorspeler van die Super-rugbyspan van die Cheetahs, George Earle, het ’n kontrak met ’n oorsese klubspan gesluit.
2012-05-20 21:37
Chelsea se Europese nagmerrie is iets van die verlede nadat Didier Drogba dié Londense sokkerspan in München na sy eerste Kampioeneliga-kroon gelei het.
2012-05-19 00:00
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde, selfs in rugby. Neem byvoorbeeld die Bulls se wedstryd vandag teen die Highlanders in die Forsyth Barr-stadion.
2012-05-19 00:00
Kevin de Klerk moedig sy Lions-span in dié boodskap aan: “Stel sake op die veld reg, ons sal ons toekoms in die raadsaal red.” De Klerk, oud-Springbok en die president van die Goue Leeus, is nietemin saam met die sukkelende Lions se spelers en afrigters in die spervuur.
2012-05-19 00:00
As daar een ding is waarvan Superbru-spelers hou, is dit voorspelbaarheid. Etlike rugby-entoesiaste kry weekliks slae in dié aanlynspeletjie waarin jy in mededinging met jou vriende of kollegas die uitslae van Super-rugbywedstryde probeer voorspel, maar vanaand se kragmeting tussen die Stormers en Waratahs is brood en botter.
2012-05-19 00:00
Dis nie aldag dat die titel-kragmeting van die Europese Kampioeneliga as ’n “Aspoesterstryd” beskryf word nie.